Johanna
Johanna skrik wakker van ‘n nagmerrie, sy is papnat gesweet en haar hare is net so nat. “Wat’s vout?” vra Johanna se man Hendrik wat langs haar lê, hy het ook intussen wakker geword. “Ek het gedroom my pa word vermoor liefie, hulle het hom gemartel, dit was aaklig” antwoord Johanna terug terwyl sy opstaan en kombuis toe loop vir ‘n glas water.
Hendrik stap saam en probeer haar moed in praat:”Gelukkig is dit net ‘n nagmêrrie my vrou” verseker hy haar en hy drink ook sommer ‘n glas water. “Ek dink my pa is in moeilikheid nou op die oomblik liefie” sê Johanna. Hendrik se oë rek groot van die skok en hy antwoord terug:”dit was net ‘n droom skat, dis nie asof hy rêrig vermoor gaan word nie.”
Sy woorde is skaars koud toe lui die huis se telefoon, Johanna loop vinnig in sitkamer toe en antwoord die foon. “Praat ek met mevrou Johanna Nel?” vra die manlike stem agter die foon. “Ja dis ek, en met wie praat ek?” antwoord sy. “Ek is Kolonel Fourie, ek wil vir u vra of u asb sal afkom na Pretorius straat toe, jy moet asseblief ‘n lyk kom uitken, ons vermoed jou pa is doodgery deur ‘n trok.” Johanna word spierwit in die gesig. “Wat’s vout my skat? vra Hendrik skokkend hy kan sommer sien in haar gesig daar is moeilikheid.
Johanna skud net haar kop links en regs. “Mevrou Nel?” vra die Kolonel agter die foon. “Ag nee, dit is goed ek is oppad” anwoord Johanna terug.
Sy vertel vir Hendrik wat gebeur het en hulle altwee ry saam na die ongeluk se toneel toe.
Toe hulle by die toneel aankom vra hulle vir Kolonel Fourie, ‘n vriendlike vroutjie wys hulle na waar Kolonel Fourie staan. “Hallo Kolonel, ek is Johanna Nel, hierdie is my man Hendrik dankie dat u my gebel het.” sê Johanna toe hulle langs die Kolonel gaan staan. “Naand, vreeslik jammer ek moes die nuus met julle oor die foon deel, daar lê die lyk” sê die Kolonel en wys met sy vinger so tien meter van waar hulle nou staan. “Goed, dankie” antwoord Johanna vriendelik terug.
Hendrik vat Johanna se hand en hulle stap stadig na die lyk toe, twee minute later is hulle by die lyk. “Ja dis my pa” sê Johanna en begin soos ‘n baba huil. “Ek is rêrig jammer skat ek het rêrig nie gedink jou nagmêrrie gaan waar word nie” troos Hendrik haar. Die Kolonel verduidelik dat dit ‘n “hit and run” was en hulle gaan aanhou om die saak te ondersoek tot die skuldige vasgekeer en toegesluit is. “Baie dankie Kolonel, ons gaan maar nou terug huis toe want ek moet so gou moontlik begin met die begrafnis se reëlings, dankie vir u tyd” sê Johanna. Hulle groet mekaar en Hendrik en Johanna klim in die kar en ry huis toe.
Een week later…
Die begrafnis is pas verby en Hendrik kan duidelik sien hoe verlang Johanna na haar pa, oppad huis toe stop hulle eers by die polisie stasie. “Goeie dag, ons is opsoek na Kolonel Fourie asseblief?” vra Johanna vir die ontvangsdame, Hendrik het solank met sy eie kar huis toe gery want hy werk nagskof en hy het bietjie gaan rus.
Die ontvangsdames bel toe vir Kolonel Fourie.en tien minute later stap die Kolonel by die stasie in. “Goeie dag mevrou Nel, ek neem aan u is hier om uit te vind of ons die skuldige gevang het wat jou pa doodgery het?” sê-vra die Kolonel.
“Ja asseblief Kolonel, en ek het dalk belangrike inligting vir u, maar dan wil ek graag help die saak ondersoek, ek was ‘n ook ‘n Kaptein en Speurder in die polisie, maar ek het so drie jaar terug afgetree want my man werk baie weg en iemand moet daar by die huis wees vir die kinders.
“Nou maar goed, dan sal jy weer moet “training” kry en weer volle lid word van die Polisie, is jy reg daarvoor?” vra die Kolonel kommerwekkend.
“Ja, Kolonel ek is reg hiervoor, dis doodreg ek sal weer al die stappe volg wat ek gevolg het om by die Polisie diens aan te sluit, ek wil sommer nou dadelik begin met my “training” indien moontlik Kolonel.”
“Als in die hak” antwoord die Kolonel terug en hy werk sommer saam met haar met die “training”en ‘n week later is Johanna reg om in die veld te werk.
Vroeg daai volgende Maandag oggend stap Johanna met rewolwer en al by die polisie stasie in, sy het net in haar kantoor gaan sit toe die Kolonel daar in stap. “Johanna ek het goeie nuus, ons het die trokdrywer gekry wat jou pa dood gery het ons “trace” nou sy registrasie nommer, ons moet nou ry dat ons hom kan gaan vang.” sê die Kolonel.
Johanna staan toe op en loop saam die Kolonel na die polisiekar toe, hulle is skaars in die kar toe begin die Kolonel al te ry, die trokdrywer is op die N1 hoofweg en hulle jaag, hulle sit hom agterna.
Hulle ry tot amper teen aan die trok se stert, toe hang Johanna by die kar se ruit uit en begin mik vir die trok se wiele om hom tot stilstand te bring deur die wiele te skiet.
“Daarsy Kolonel nog ‘n klein bietjie nader dan kan ek sy wiele mooi raak skiet!” bevel Johanna en die Kolonel ry nog so vyf meter nader. Johanna skiet toe twee wiele en die Kolonel trap briek want die trok moet ook nou briek oor die pap wiele anders rol hy van die hoofweg af.
Toe die kar en die trok altwee tot stilstand kom sien hulle dat die drywer uit die trok uit spring. Johanna spring toe ook uit die kar uit en sit hom agterna, sy het immers nasionale kleure vir honderd en twee honderd meter op skool gekry.
Johanna sien dat die drywer afslek en in ‘n tonnel in hardloop, maar sy stop nie sou hou aan hardloop. By die einde van die tonnel is daar nie ‘n uitgang nie en die trokdywer is nou vasgekeer.
Johanna skree”sit jou hande in die lug nou!” hy maak nie so nie en haal ook sy rewolwer langs sy, sy uit. Nes hy die sneller wil trek, skiet Johanna op kopskoot, en hy val yskoud dood op die grond. Johanna gaan staan voor hom waar hy lê en sê:” Jy mors nie met my familie nie!”
©Kopiereg- Timothy De Vos Botha- Alle Regte Voorbehou 01/11/2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.