Liewe Susan…
“Kom, kom, laat ons nou gesels, jy wil mos” lui Susan se Whatsapp boodskap aan haar skelmpie Tertius, sy huiwer vir ‘n oomblik en kliek op die stuur knoppie. Dis vandag al twee maande wat hulle oor en weer oor Whatsapp met mekaar flankeer, al is Susan getroud, en eintlik ‘n groot gelowige vrou, die groot probleem lê egter om mekaar te kan sien, Tertius is nog bevriend met Susan se man ook. Susan sien dat die boodskap gelees word, maar daar is geen terugvoer nie. “Hallo, is jy daar?” skryf sy weer en stuur dit vir Tertius, sy besluit toe maar om eerder te gaan lê want sy voel nie wel nie.
Dinge gaan goed tussen hulle maar dit gaan nie meer goed gaan as Susan se man, Riaan, uitvind nie. Terwyl sy besig is om ‘n rus kansie te vat lui haar foon, dis Tertius. “Miskien moet ek hom hierdie keer ignoreer” dink Susan by haarself. “Nee, dit sal kinderagtig wees” dink sy weer en sy staan op hardloop gou sitkamer toe en antwoord haar selfoon. “Hi prinses” praat die growwerige diep stem op die foon, nog voor Susan kan terug antwoord begin Tertius weer te praat. “Ek kan dalk oor twee weke daai kant by julle kom kuier, ja ek weet dis vêr, maar ek sal enige iets doen of gee om net by jou te kan wees.”
Daar is vir ‘n oomblik stilte, die voordeur word oop gesluit. “Ag dis wonderlik, jy’s te oulik vir woorde my prins, Riaan is hier hoor, praat nou-nou weer tatta.” Tertius grom net en sê:”doodreg, praat later.” Niks vermoedend groet Riaan vir Susan met ‘n soen en een stywe drukkie en Susan stap kombuis toe om kos in te skep. “Hoe was werk my man?” vra sy vanuit die kombuis en kom eetkamer toe gestap met ‘n bord kos en ‘n bier. “Ag dankie my vrou, werk was oraait, ek het jou net vir een of ander rede vandag baie gemis.” Susan verstik aan haar kos en gee vinnig terugvoer op Riaan se kommentaar “auww, jy’s dierbaar my man, ek het vir jou ook baie gemis” Riaan kou vinnig en sluk die kos met sy bier af. Voor hom sit Susan en dink by haarself “ai, nog ‘n leuen, hoeveel nog?”
‘n Half uur later toe is Riaan en Susan klaar geëet, Riaan se foon begin lui terwyl Susan besig is met die skottelgoedjies in die kombuis. “Riaan wat praat, goeie naand!” Daar is geen terugvoer nie, Riaan besluit toe maar om die foon dood te druk en drink die laaste slukkie van sy bier. “Wie was dit?” vra Susan nuuskierig en bekommerd vanuit die kombuis “nee ek weet nie my vrou, daar was geen terugvoer toe ek groet nie” antwoord Riaan terug. Riaan stap kombuis toe en gaan staan agter Susan, tewryl Susan die laaste skottelgoed staan en afdroog gee Riaan haar ‘n drukkie sommer net so soos wat hy staan agter haar.
“En dit?” vra Susan. “Mag ek jou dan nie meer druk nie?” vra Riaan terug. “Moenie my antwoord met ‘n vraag nie, jy weet ek hou nie daarvan nie!!” skree Susan. “Wat gaan deesdae aan met jou Susan, jy is omtrent elke dag kort van draad, en lelik met my!” vra Riaan. Sy probeer die hele storie agter haar sit en ignoreer liewer die gesprek. “Antwoord my!” skree Riaan. “Moenie op my skree nie, jy is nie my baas nie, jy het begin ek het jou net ‘n simpel vraag gevra” antwoord Susan rustig terug.
‘n Uur gaan verby, en hulle praat glad nie met mekaar nie, Susan besluit toe maar om te erken dis haar fout en stap sitkamer om vir Riaan onverskoning te gaan vra. Soos sy daar aankom sien sy dat Riaan op die bank lê en slaap “ja seker weer gesuip!” praat sy met haarself. “Ek het jou gehoor” kom ‘n harde stem vanuit Riaan se mond, Susan wip op die bank waar sy sit en kry amper ‘n hartaanval soos wat sy skrik. “Ag man, gaan slaap!” sê sy skielik en stap slaapkamer toe, ‘n uur en ‘n half uur later kom sy agter dat Riaan nie bed toe kom nie, en tik ‘n nommer op haar foon. “Dis nege uur, hy behoort darem wakker te wees” dink sy by haarself, die foon lui vir omtrent ‘n minuut en die stem wat antwoord is dié van Tertius, Susan vertel hom wat gebeur het tussen haar en haar man, sy vra ook kommerwekkend of sy by Tertius kan gaan woon.”My prinses, so graag soos wat ek dit so wil hê, ken jy my omstandighede tans en jy weet dis nie moontlik vir my nie en jy is nog getroud” antwoord Tertius kommerwekkend terug, hulle sê vir mekaar nag en hy gaan slaap. “Maar Tertius, ek is lief vir jou” sê Susan vinnig, sy is te laat, Tertius het klaar die foon doodgedruk.
Die volgende oggend ses uur is Riaan al werk toe, Susan skrik kwart voor sewe wakker met ‘n gedagte in haar kop, ‘n gedagte om vir Riaan alles te vertel, alles van haar en Tertius. Sy praat toe met Tertius oor Whatsapp maar hy dink nie dis so ‘n goeie idee nie, hy sê as Riaan dan moet weet, moet hy self liewers vir Riaan vertel om verdere konflik tussen Riaan en Susan te vermy. Susan aanvaar dit toe so. Die dag gaan spoedig verby, Tertius en Susan gesels nie veel op Whatsapp nie. Daai aand een minuut voor twaalf kom daar ‘n whatsapp boodskap deur op Susan se foon wat lui:” Liewe Susan, die afgelope twee maande was die beste tyd van my lewe, maar ek is bevrees dit sal ongelukkig hier vanaand moet eindig. Ek het besluit dis beter so, want ek verloor jou eerder as my liefde, as wat ek jou en Riaan se vriendskap op die einde van die dag gaan verloor, ek hoop egter jy verstaan, ek sal jou altyd meer as ‘n vriend lief hê, maak nie saak hoe die lewe draai nie. Baie liefde, jou prins, Tertius…”
©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 2015/19/10
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.