Jongste aktiwiteit:

Verbode Vrugte

Elsie pluk haar lessenaar se boonste laai oop. Hieraan moet sy n einde maak, sy kan nie meer so met ‘n getroude man flankeer agter die se vrou se rug nie. “Wat de heng?” Vra sy haarself ” my ma het my mos nie so groot gemaak nie.” Sy staan op, uit haar stoel en stap weg van haar lessenaar, skokkend kyk sy na ‘n nuwe e-pos wat nou net deurgekom het. “Dis waar dit alles begin het” dink sy weer by haarself, sy hardloop badkamer toe en gaan spoel haar gesig af…

Sy kyk vir haarself in die spieel vir so ‘n rukkie en dink:”Sies, hoe kon jy?” daarna stap sy terug na haar lessenaar toe en gee haar terugvoer op Jan se e-pos, en dit lees soos volg.”Liefste Jan, dit was lekker om jou te ontmoet, jy’s ‘n goeie man met ‘n wonderlike vrou, dus kan ek nie meer jou skelmpie wees nie, ek kan dit nie meer hanteer nie, die skuldgevoel en bekommernisse elke dag, en dan het jy nog kinders ook. Ek’s vreeslik jammer dit eindig hier, as jy aanhou gaan ek jou vrou in persoon ontmoet en haar sê, ek wil jou nooit weer sien. Totsiens!”

Sy huiwer vir so ‘n oomblik en besluit toe om die e-pos te stuur, sy gaan vat toe haar middag slapie vir so ‘n uur. Daarna staan sy op en gaan reguit na haar rekenaar toe, daar’s geen epos van Jan nie. “Hy het die boodskap gekry…hopelik” dink sy by haarself.

Daarna kyk sy kort-kort of daar ‘n nuwe e-pos van Jan af is, maar is teleurgesteld om te sien daar kom niks deur nie. Sy gaan stort toe en maak reg om werk toe te gaan dit is haar beurt vir nagskof.

Die volgende oggend toe sy van die werk af kom besluit sy, sy gaan eers kyk of daar nuwe e-pos is op haar rekenaar voor sy gaan slaap, oor sy nagskof gewerk het. Heel eerste voor die rekenaar in die studerkamer toe sy by die huis in stap. Geen e-pos van Jan of enige iemand nie. Daarna klim sy in die bed, en slaap…

Daai middag twee uur skrik sy wakker van ‘n nagmerrie en hoor ‘n klop aan die deur, sy stap toe voordeur toe en maak die deur oop.. “Jan ek het jou gesê ek wil jou nooit weer sien nie!” Jan staan verstom asof hy niks weet daarvan nie. Hy antwoord terug:” Hoe kon jy my hart net so breek?, hoe kon jy?” hy haal ‘n rewolwer uit en Elsie probeer dit uit sy hand uit ruk eweskielik toe gaan daar ‘n skoot af.

Jan lê op die grond by haar voordeur, sy begin huil. “Ek’s jammer Jan, dit was net ‘n ongeluk” sy hardloop in die huis in en sak neer in die sitkamer..

©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 30/08/2015




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed