Die Avonture van Jannie en Gertjie Deel III – Laaste Deel.
Dit is Jannie en Gertjie se eerste skool vakansie in die hoërskool, hulle loop so tussen pouse tyd op hulle laaste skooldag oral op die skoolgronde rond en gesels en beplan oor wat hulle alles die vakansie gaan aanvang,
“Jy weet Jannie ek dink dit is weer tyd vir tok-tokkie speel” terg Gertjie.
“Ag toe ! Ek is seker daar is baie lekkerder dinge om te doen, ons is mos nie meer laerskool kinders nie” antwoord Jannie kwaai.
“Ja, ja, dit was maar net ‘n voorstel” sê Gertjie hartseer.
“Ons gaan darem baie kan swem hierdie somer vakansie Gert, ons swembad is so te sê klaar ingebou, hulle verf nog net dan is dit klaar” sê Jannie opgewonde toe die eindtyd pouse klok lui.
“Ja dit is waar dit is darem een ding wat ons hierdie vakansie kan doen aangesien dit so warm gaan wees, ek dink ons gaan sommer baie swem, nou maar toe sien jou na skool, ons kan sommer saam huis se kant toe stap ou vriend” antwoord Gertjie terug, hulle en al die anders kinders op die skool se terrein stap toe terug klas toe, hulle kom darem effens vroeër ook uit vandag aangesien dit die laaste dag van skool is, nog 2 periodes dan is dit vakansieyd – rondomtalie draai, die 2 periodes gaan toe sommer spoedig verby en voor hulle, hul oë uitveë, is dit tyd om huis toe te gaan en vir 2 weke lekker uit te rus. Jannie en Gertjie kry mekaar sommer so langs die pad, oppad by die skool se hoofhek uit.
“Middag Gertjie my maat, uiteindelik vakansie heh?” sê-vra Jannie toe hulle amper by die hek uit is.
“Ja nee pel, lekker vakansie….uiteindelik” antwoord Gertjie terug met ‘n breë glimlag op sy gesig.
“Ons kom darem ook nou al ‘n lang pad saam neh Gert?” vra Jannie toe hulle by die hek uit is en die langpad huis toe loop.
“Ja nee beslis Jan, sjoe veertien jaar is nogal ‘n langtyd as mens daaraan dink” sê Gertjie toe hulle by ‘n rooi verkeerslig stilhou en die pad goed uitkyk links en reg, nes hulle al op laerskool geleer het.
“Reg ons kan maar stap dis groen en geen verkeer kom aan nie” sê Jannie en hulle stap verder, nog so twee kilomeer tot by die huis, Gertjie hulle het getrek so hulle bly nou oorkant mekaar, in dieselfde straat, Van Der Merwe Straat, hulle droom al jare dat hulle sommer klipgooi van mekaar af sal bly, oor hulle as boesem vriende baie tyd saam spandeer.
“Uiteindelik naby die huis” sê Jannie toe hulle by Van Der Merwe Straat afloop, hulle bly amper op die punt.
“So ja, amper daar” stem Gertjie saam en hulle begin al vinniger stap om by die huis ui te kom.
“Sjoe dit is so warm, ek gaan dadelik in my swem klere spring en ‘n duik vat” sê Jannie toe hulle by ‘n huis voor hulle huis tot stilstand kom.
“Ja nee ek gaan ook net my swem klere gaan aantrek dan sluit ek by jou aan” stem Gertjie weer saam, hulle albei is toe uiteindelik tuis en gaan trek hulle skoolklere uit en vervang dit met swemklere. Dit is nie eers tien minute nie, toe klop Gertjie aan die deur.
“Middag, kom in Gertjie jy is mos nou al familie, jy weet, jy hoef lankal nie meer te klop nie, die hek is in elk geval nie deur die dag gesluit nie” groet tannie Rita vriendelik.
“Jannie wag al vir jou daar in die swembad” sê sy weer toe Gertjie uiteindelik binne is.
“Baie dankie tannie” antwoord Gertjie terug en drafstap sommer na Jannie toe wat al agter in die swembad ontspan.
“Nou ja toe, is die water darem lekker?” vra Gertjie net toe hy by die agterdeur uitloop.
“Perfek om in af te koel” antwoord Jannie met ‘n groot glimlag op sy gesig.
“Lekker man lekker, so ek kan sommer net dadelik in duik?” sê-vra Gertjie.
“Ja man, komaan ! Spring net in !” sê Jannie met dié bekende soute kyk in sy oë, Gertjie spring toe in sonder om weer twee keer te dink, Jannie is mos sy vriend, en hy vertrou vir Jannie.
“Jou klein twak dit is yskoud” sê Gertjie kwaai.
“Ha ha ha ha ha” lag Jannie kliphard.
“Ja dink net aan al daai poetse wa jy my meer gevang het deur al die jare, wel ek gaan jou terug kry vir elkeen, dit alles in die 2 weke lange vakansie” sê Jannie weer terwyl hy nog al die tyd lekker lag.
“Ag toe Gert, as jy eers in is en gewoond is aan die water is dit rêrig nie so erg nie” sê Jannie weer toe hy sien Gertjie wil uitklim, Gertjie draai om en loop toe terug na die diep kant van die swembad.
“Onthou ek het jou nie alleen gevang met daai poetse nie” sê Gertjie en duik onder die water in.
“Ja ek weet, behalwe vir die tok-tokkie een, maar ek kan darem nie my ma ‘n poets bak nie, sy is nie ‘n kind nie” sê Jannie, hy weet presies aan watter kant sy brood gebotter is.
“Ja dit is waar” antwoord Gertjie toe hy weer bo die water is, heeldag lank swem hulle, gooi mekaar in die swembad, terg mekaar en speel rugby binne die swembad, tot dit donker word en tannie Rita uitkom om hulle te roep vir aandete.
“Kom seuns, dit is etenstyd, was julle hande en kom eet” sê tannie Rita waar sy by die agterdeur staan, oom Jan het ook al van die werk afgekom, hy sit by die tafel en wag vir die seuns, sodat hy die tafelgebed kan doen, vyf minute later toe sit Jannie en Gertjie elkeen in hulle stoel.
“Dit lyk sommer baie lekker……soos altyd, baie dankie tannie” sê Gertjie, hulle almal vat hande, en oom Jan begin di tafelgebed.
Die einde……
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 28 Feb 2016 12H33nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.