Jongste aktiwiteit:

Die Avonture van Jannie en Gertjie Deel II

“Môre môre my maaitjie gaan dit goed met jou?” vra Gertjie vir Jannie toe tannie Rita vir hom die deur oopmaak, Gertjie is mos natuurlik nou al so te sê familie, hulle is al van kleuterskool dae al maats.
“Môre, ag toe ! Ons begin Maandag met hoërskool, ons kan nie vir mekaar nog loop en maaitjie sê nie” groet Jannie kwaai.
“Ja julle kan, dit is nog baie vêr van Maandag af, julle is nog lank nie in die hoërskool nie, Jannie !” skree tannie Rita vinnnig van doer vêr uit die kombuis uit. Jannie en Gertjie stap op na Jannie se kamer toe om so bietjie “playstation” te gaan speel.

“Nie te lank nie hoor Jannie, daar is nie baie krag oor nie en jou pa kom eers vanaand laat by die huis, met die krag” sê tannie Rita toe Jannie en Gertjie so vinnig verby die kombuis loop waar tannie Rita besig is om koekies te bak vir Jannie se verjaardag partytjie wat hierdie naweek plaasvind.
“Jaaa maa!” brom Jannie terwyl hul by die trappe opstap.
“Wat gaan ons speel” vra Gertjie toe hy en Jannie voor die televisie gaan sit, hy haal al sy speletjies uit die kas uit en sê vir Jannie.
“Kies jy een Gert, ek is seker jy’t net sulke goeie smaak” sê Jannie toe al die speletjies uit sy spieëlkas uitgehaal is.
“O” sê Gertjie verbaas en gaan sit plat op die grond om die moeilike keuse te maak, aangesien daar sooo baie genotvolle speletjies is.
“Wat van “EA Sports Rugby 2012″ ?” vra Gertjie skrikkerig.
“Ja, dis reg ek jou baie van sport speletjies, veral daai wat op die “Xbox” gespeel kan word” antwoord Jannie opgewonde terug.
“Cool nou dat ons begin speel” sê Gertjie weer en hulle sit die cd van die rugby speletjie in die “Playstation” nadat hy gelaai het speel hulle lekker teen mekaar rugby en dan weer saam met mekaar natuurlik.

Ure en ure sit hulle daar en speel, glad nie bewus van die tyd nie, skielik kom tannie Rita by die kamer ingestap terwyl hulle nog besig is.
“Kom kom, sjoe julle sit al ure hier, dit is nou eers weer tyd vir ‘n breek, kom eet sommer julle kos terwyl julle ‘n breek vat” vra tannie Rita mooi.
“Ons kom nou maa, ons maak net gou hierdie game klaar dan is ons daar, ek ruik al die heeltyd daai lekker kos” antwoord Jannie terug. net toe tannie Rita by die deur uit is, is Jannie en Gertjie klaar met hulle speletjie, hulle is kort op haar hakke en voel baie honger.
“Sit jy sommer daar op die oom se sitplek Gertjie, hy sal nie omgee nie, hy kom eers laat vanaand terug” sê tannie Rita toe sy hulle by die kombuis ingang bewaar.

“Baie dankie tannie, dit lyk baie baie lekker” antwoord Gertjie vriendelik.
“Groot plesier my kind, jy’s mos nou al soos my seun” sê tannie Rita.
“So is jy opgewonde oor jou verjaardag partytjie môre Jannie?” vra tannie Rita nuuskierig terwyl almal lekker sit en eet.
“Ja ek is ma, sjoe ek sien baie uit” sê Jannie kortaf, te besig om aan die lekker kos te smul.
“Ek hoor ou Deef gaan by jou verjaardag partytjie wees?” vra Gertjie en las sy stertjie aan in die gesprek.
“Ja ek is daarvoor die mees opgewonde Jannie, ou Deef se ouers ken my ouers, en hy is ‘n great sanger, ek kan nie meer wag dat hy ons kom entertain nie” sê Jannie opgwewonde en trots. ‘n Half uur later toe is hulle almal klaar geeët.
“Sal julle asseblief vir tannie die skottelgoedjies doen asseblief?” vra tannie Rita toe almal opstaan, terwyl sy vir Gertjie kyk. Gertjie en Jannie doen toe die skottelgoed en hulle almal maak toe klaar en is sommer vroeg vroeg in die bed want môre is ‘n lang opwindende dag.

Die volgende dag toe is dit natuurlik Jannie se verjaardag, Gertjie het sommer by sy maaitjie oorgeslaap, hulle het weer lekker “Playstation” gespeel voor hulle gaan slaap het. Maar hulle mag nie te laat gaan slaap het nie, tannie Rita het vir hulle gesê tien uur moet hulle altwee in die bed wees, en toe sy gaan kyk toe is hulle in die bed, toe sy natuurlik tien uur gaan kyk het of hulle slaap.

“Môre môre kom kom wakker word laat slapers ! Julle moet kom help dinge reg kry vir die partytjie” sê oom Jan, Jannie se pa toe hy by sy seun se kamer instap. Gertjie en Jannie skrik dadelik opgewonde wakker, en so met die wakker word slag sê Gertjie vir Jannie veels geluk met sy verjaarsdag. “Veels geluk my ou maat vandag is jy veertien jaar oud, en môre verjaar ek, dan is ek ook veertien jaar oud” terg Gertjie.
“Ja, dit is baie waar Gertjie, baie baie dankie” antwoord Jannie opgewonde terug, hulle staan op, maak die bed op en begin met hulle takies wat oom Jan hulle gegee het toe hulle onder in die sitkamer aankom en oom Jan sit daar, binne ‘n paar ure is hulle klaar en hulle gaan trek aan voor die res van die maaitjies by die huis aankom vir Jannie se verjaardag.

“Sjoe jy lyk omtrent smart Jannie” komplimenteer Gertjie toe hulle besig is om hulle skoene aan te trek.
“Ag baie dankie hoor, ek waardeer dit my maaitjie” antwoord Jannie dankbaar terug.
‘Plesier, na vandag en môre is ons nie meer maaitjies nie, dan is ons pelle, haha” spot Gertjie, nadat hulle klaar is stap hulle dadelik weer af sitkamer toe, toe hulle daar aankom toe is daar nog niemand vir die partytjie nie, net oom Jan en tannie Rita, Gertjie en Jannie. Twee ure later toe het daar nogsteeds niemand opgedaag nie, Jannie lyk baie hartseer, maar hy wil nie voor sy pa huil oor die simpel partytjie nie “dit sal sommer verspot wees” dink Jannie by homself terwyl hy langs Gertjie sit, die trane wil wil val, maar hy keer dit elke keer as die traan by sy wang wil afloop.

“Kom Jannie kom ry gou saam my winkel toe asseblief” vra oom Jan, Jannie stem in en hulle altwee stap uit kar toe en ry.
“Waantoe gaan hulle tannie RIta?” vra Gertjie nuuskierig.
“Kom, ons gaan ook, ons het weer met Jannie gespot, sy verjaardag partytjie is by die temapark hier anderkant, haha, ons wou hom verras” sê tannie Rita vriendelik. Gertjie help gou al die kos en goed vir tannie Rita in die kar laai en hulle ry ook toe na die temapark toe, toe hulle daar aankom is Jannie in die parkeerterrein.
“Nou is ek weer in die moeilikheid” sê tannie Rita vir Gertjie, hulle klim uit en Jannie hardloop na sy ma toe, omhels haar en gee haar ‘n stywe drukkie om vir haar dankie te sê vir die groot verrasing.
“Kom Gertjie, jy sal nie raai wie sing nou nie, dit is Deef hy is daar agter kom ek vat jou soontoe hulle het tot ‘n verhoog en als gereël, hy sing amazing” sê Jannie opgewonde, hy vat vir Gertjie aan die arm en trek hom amper tot by die verhoog.

Die einde…

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 23 Feb 2016 22H45nm




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed