Die Avonture van Jannie en Gertjie. Deel I
“Okay Jan, jy klop en dan hardloop ons, is jy reg?” Gertjie het weer daai stoute kyk in sy oë. “Hoekom klop jy dan nie?” vra Jannie, en probeer ‘n slim uitweg vind. “Want ek sal gestraf word as die tannie in die huis my ma sê” antwoord Gertjie bang terug. “O okay” is al wat wat Jannie daarna sê. “Doen dit net !” beveel Gertjie en Jannie klop toe, en toe Jannie omdraai om te hardloop, toe sien hy Gertjie is weg. Jannie en Gertjie is al vriende van kleuterskool se dae af, Gertjie het dit nog nooit gedoen nie.
Hulle is hierdie jaar al dertien jaar maaitjies, hulle is sowaar boesem maaitjies, maar Gertjie het nog nooit dit gedoen wat hy vandag gedoen het nie. Jannie is lankal weer terug by die huis en die tannie van die huis by wie hy tok-tokkie gespeel het weet nie eers hy bestaan, of dat hy daar was nie, Jannie lê nou op sy bed en lag want hy weet Gertjie dink hy is gevang, Jannie kry eintlik lekker in sy binneste.
“Dalk moet ek gou na Gertjie se huis toe hardloop voor dit te donker word en kyk of hy daar is, hy sal verbaas wees as ek daar aankom, want hy dink natuurlik die tannie het my gevang tok-tokkie speel en ek is nou gehok.” Vinnig spring Jannie van sy bed af en hardloop by die huis se deur uit nog voor sy ma kon sê hy moet terug kom, maar hy dink nie eers sy weet hy is uit nie, hy kom by Gertjie se huis aan en klop.
“Klop klop, klop klop” daar is niemand wat die deur antwoord nie. “Klop, klop, klop, klop” iemand kom na die voordeur se kant toe gestap, dit is Gertjie hulle se huishulp. “Hallo kleinbaas Jannie, Gertjie, hy is nou net hier uit om vir tjou te loop soek” sê Maria, Gertjie hulle se boesman huishulp. “Dankie Maria, hy is seker nou na my huis toe, ek hardloop gou, sien jou miskien weer later” antwoord Jannie vriendelik terug. En vinnig hardloop Jannie terug na sy huis toe, voordat hy weer vir Gertjie mis.
Toe Jannie by die huis aankom sit Gertjie saam met Jannie se ma en televisie kyk, Jannie se ma sit met die belt, en sommer met die inkom slag al weet Jannie, hy is nou in die moeilikheid. “Jannie kom sit nou hier langs my !” beveel tannie Rita. “Ja mammie ek is baie baie jammer” sê Jannie vinnig toe hy langs sy ma gaan sit. “Waarvoor is jy jammer Jannie?” vra tannie Rita. “Vir dit wat ek gedoen het, wat Gertjie vir mamma gesê het.” Gertjie en tannie Rita begin net daar kliphard te lag ! “Gertjie het niks vir my gesê wat jy vereerd gedoen het nie man ! Ons wou maar net bietjie jou been trek en met jou ‘n grap maak” sê tannie Rita en omhels vir Jannie om vir hom ‘n stywe drukkie te gee, verbaas kyk Jannie groot-oog op na sy ma en vra. “Hoekom wil ma’le my been trek?” Tannie Rita begin weer kliphard lag. “Ha Ha ha ha” nadat sy haar asem terug gekry het verduidelik sy aan hom. “Nee my as ek sê ek wou jou been trek is dit net ‘n mooi gesegde wat beteken ek wou net bietjie grapperig met jou spot. “O, Okay, haha” gee Jannie ‘n kort laggie.
Die einde….
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
21 Feb 2016 22H24nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.