Die volgende dag
… en die wolke
Altocumulus
in die hemelblou lug
terwyl my hart skree van pyn
want jy het my weggegee
al weer en
my mond glimlag
want die wolke is so wit
teen die hemelblou lug
terwyl ek weet
ek moet vandag mos eintlik al beter voel
want vandag
is die volgende dag
na die lang leë nag
en dis tyd om op te staan
en aan te gaan …
al is dit sonder jou.
… en die wolke
Altocumulus
in die hemelblou lug
terwyl my hart
skree
van hoop.
© Anria
4 Kommentare
-
Kiekies
Staande applous vir hierdie een!!
-
Viooltjie
Ek hou baie hiervan, Anria. Goed gedoen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis vreeslik mooi Anria