Jongste aktiwiteit:

Ons skuld is vereffen

Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap
terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap
’n doringkroon is op Sy hoof neergesit
sodat omstanders daaruit genot kon put

Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis
tussen twee sondaars aan die wêreld gewys
met spykers deur hande en voete geslaan
stort Maria Magdalena die soveelste traan

Met onuithoudbar’ pyn wat dieper inkerf
het Hy aangesig na Sy Vader gedraai
en met die woorde “dit is volbring”
Sy vleeslike dood aan die kruis gesterf

Op die derde dag het Hy opgestaan
om voor hul uit na Galilea te gaan
daar het Hy Sy elf dissipels meegedeel
gaan heen, vertel aan wêreld in geheel

Aan die wat dit glo en hulle laat doop
sal Hy krag gee om wondere te vermag
ongelowiges word van waardigheid gestroop
so moet jul evangelie verkondig dag na dag

Hy het al ons sondeskuld met Sy bloed afgewas
met Sy menslike liggaam peperduur betaal
sodat elkeen wat opreg vertrou en in Hom glo
nie verlore mag gaan maar die ewig’ lewe sal haal




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed