ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 10
Ek weet nie of dit die glimlag of haar warmte is toe sy my styf teen haar vasdruk toe sy groet nie maar toe los my kop my heeltemal.
“Cindy wat is fout ons raak verloof hierdie naweek. Ek kom tel jou netnou op en dan gaan soek ons n ring”, gee ek die eerste stap in die afgee van my vryheid, en ek hoor al my manlike kollegas op kantoor: “nog een van Libanon se seders het geval”.
Cindy bekyk my en dan kom dit: “Nou wat het jou getref meneer? Die anti kantoor romanse man wil nou sommer verloof raak aan sy sekretaresse”, terg sy my.
Voor ek kan antwoord gaan sy aan: “Dit is reg so meneer, netnou verander jy van plan en ek gaan glad nie daarvan hou nie. Sien jou oor twee ure as jy my kom haal”, en daarmee klim sy in haar kar na n vurige soen.
Twee ure later stop ek voor Cindy se huis waar sy my inwag en innooi en my sitkamer toe vat waar haar pa en ma ook sit en my verwelkom. Sy kom sit langs my en vat my hand, tot my verleentheid, in hare.
Sy laat nie op haar wag nie: “Pa, Ma, ek en Melt wil verloof raak en ons wil julle goedkeuring tot so n groot stap hê voordat ons gaan ring soek”.
Koos en Cathy Cloete bekyk my en vir my voel dit of ek die aarde kan insink maar dan red Koos my uit my verleentheid uit: “Nou maar baie geluk julle twee. Ek wil net voorstel dat julle volgende naweek op die plaas verloof raak wanneer almal daar is. Ek stel voor dat Melt sy aanneem pa en ma ook nooi”.
Cathy plaas die stempel op met haar voorstel: “Ek sal sommer vanoggend met Colleen reël dat hulle ook kom, daar is genoeg slaapplek in daardie enorme huis”.
Met haar ouers se seën raak ons haastig want dit is al laat en besluit ons om sommer in Uitenhage te gaan ring soek.
Gelukkig kry ons gou n ring waarvan Cindy hou en dit pas. Tot my verligting ook nie te duur nie. Saam met die trouring laat my kredietkaart net n ligte kreun ontsnap en nie n n droewige kreet nie.
Oppad terug stop ons by ma Aletta om haar die nuus mee te deel. Ma Aletta is skoon uit haar vel uit van blydskap en spreek haar seen uit: “Melt ek het van die begin af geweet Cindy is vir jou bedoel”.
Dit is toe sy ons teen haar vasdruk wat ek sien daar is trane in ma Aletta se oë.
‘En nou, die trane”, vra ek.
“Ag sommer simpel van my, moet jou nie daaraan steur nie want jy sal tog nie verstaan nie’, antwoord sy my.
Daarvanaf is ons terug na Cindy se huis toe en besluit ons om die volgende oggend Ashton baai toe te gaan om my aanneem ouers te gaan verwittig van die verwikkelinge in ons lewe. Om tyd te bespaar besluit ons dat sy die aand weer by my sal oorslaap en is dit toe sy haar ouers se toestemming vra wat die skerp antwoord van haar pa af kom, pa is onvoorspelbaar: “Seker maar reg maar moet net nie n gewoonte daarvan maak nie. As julle getroud is kan jy maar permanent daar gaan bly, terloops wanneer beplan julle om te trou”.
So ver het ek nog nie gedink nie en slaan die vraag my tussen die oë en los my rooi van verleentheid
Cindy red my egter uit my verleentheid uit: “Pa ons sal dit vanaand bespreek en besluit”.
Ons kuier nog so rukkie en terwyl Cindy haar tassie gaan pak word ek natuurlik deeglik onder kruisverhoor geneem en die leviete voor gelees wat haar pa aflsuit met: “Melt ek het een ongelukkige dogter en wil nie nog n dogter ongelukkig sien nie. Die duiwel sal jou haal as Cindy ongelukkig is”.
Cathy kom tussenbeide: “Ja toemaar die situasie het seker nou begin verander noudat Gert sy nonsense gelos het”.
Net toe kom Cindy tevoorskyn, en met netjiese bont rompie en ewe bont bloesie wat elke lyn van haar vroulikheid beklemtoon, slaan sy my asem weg.
Ons groet en is ons in die pad na my nessie toe met n babbelende Cindy wat haar hand die hele tyd op my been laat rus, glad nie goed vir my bloeddruk nie.
By my nessie gekom begin sy dadelik vir ons iets te ete voor berei met die opmerking: “Ek oefen solank om die huishouding oor te neem as ons eers getroud is”.
Ek laat haar maar begaan en binne n halfuur smul ons heerlik aan die roerbraai wat sy gemaak het. Klaar skottelgoed gewas gooi ek vir ons elkeen n KWV en gaan sit ons buite op die stoep in die donker wat nou sterk neerdaal met Port Elizabeth se ligte wat die horison heldr verlig. Die see is kalm vanaand en onder die rumoer van die branders deur jaag die golwe skuimtoppend strand toe. Die luggie is koud en sit Cindy styf langs my.
“Melt ek wil n lentebruid wees, so Oktober op die laatste wil ek trou”, neem Cindy weer die leiding.
“ Dis reg my liefde, as jy bereid is om eers hier saam met my te bly totdat ons n groter plek kry”, antwoord ek.
Cindy sit haar glas neer en neem my gesig tussen haar hande: “Melt, verstaan my mooi. Ons bly net hier en daar is iets wat ek jou nou gaan vertel. Ek gaan jou lief hê met alles in my. Ek sal jou alles gee en ek belowe jou jy sal nie n oomblik spyt wees nie”.
Dan is haar lippe op myne en soen sy met n ongekende warmte en passie toe haar lippe onder myne oopgaan om my die soet van haar mond te laat proe tot sy wegbreek om my skoon uitasem te laat.
Bietjie later besluit ons om in te gaan want dit word koud buite en speel ons bietjie musiek tot ons bietjie later gaan slaap want ek wil vroeg Ashton baai toe gaan.
Vyf uur word ek wakker gemaak met n koppie stomende koffie. Cindy in haar kamerjas maak my wakker terwyl sy die koffie neersit: “Opstaan laat slaper”.
Ek trek haar langs my op die bed neer maar voordat die vurige soen verder kan gaan word ek ferm weggestoot: “Melt kom ons moet aan die gang kom. Ek gaan gou stort en terwyl jy stort en aantrek maak ek gou vir ons ontbyt”.
Cindy laat nie op haar wag nie en met n soentjie wat geblaas word verdwyn sy om te gaan stort. Seker tien minute later verskyn sy in my kamerdeur: “Jy kan maar gaan stort ou grote”, en daar verdwyn sy weer.
Toe ek klaar gestort en aangetrek is is sy alreeds in die kombuis besig om ontbyt te maak, spek, eiers en roosterbrood saam met n koppie koffie. Geklee in n swart langbroek met n bloedrooi trui slaag sy weer daarin om my asem weg te slaan maar word ek net vir n oomblik toegelaat om haar vas te hou voor sy haar uit my arms uitdraai met n warm glimlag, vol beloftes.
Ons eet haastig ons ontbyt nadat sy ingeskep het en word die skottelgoed ewe haastig gewas. Ek dink ons altwee is nou haastig Ashtonbaai toe en in die koue more pak ons die tog aan terwyl die son oor die oosterkim breek.
Ons altwee word oorweldig deu die prag van die more en oudergewoonte sit Cindy met haar hand op my been terwyl die Land-Rover die kilometers opvreet.
Skielik kry my been n drukkie: “Melt ek is vandag die gelukkigste meisie wat daar is. Ek gaan vandag skaamteloos erken dat my bene lam geword het die eerste keer toe ek jou sien en ek het sommer dadelik die vonk in my vir jou gevoel”.
“Selfde Cindy, ek hat sommer met die eerste oogopslag die vonk in my ook gevoel”, antwoord ek.
Voordat ons ons onsself kon kry stop ek voor my ouerhuis in Ashtonbaai.
Pa en ma is oorstelp van vreugde oor die onverwagte besoek en sit ons skaars toe ek hulle die groot nuus meedeel en hulle seën op ons planne vra.
Pa Koos bly lank stil en toe word ek die leviete voorgelees: “Melt, ek is bly dat jy iemand in jou lewe gekry het wat jy jou lewe mee wil deel. Onthou net altyd die voorbeeld wat ek en jou ma vir jou gestel het. Jy weet ons was altyd lief vir mekaar en jy het ons nooit hoor rusie maak nie. Wees lief vir Cindy en sny rusies uit dan sal julle gelukkig wees”.
Soos gewoonlik gaan my ma uit haat pad uit om vir ons n heerlike middag ete te maak en cindy is nie links nie, voorskoot aangesit en sy help. Waar ek en pa Koos later op die stoep sit en oor die see tuur hoor ons net die gebabbel uit die kombuis uit.
In my hart is ek bly dat die twee vrouens mekaar gvind het en later oppad huis toe kan Cindy nie uitgepraat raak oor die heerlike kuier die dag nie.
Nadat ek Cindy by die huis afgelaai het en ek by my eie plekkie kom voel my ou plekkie so leeg sonder haar.
6 Kommentare
-
Kiekies
Sommer so vinnig-vinnig maak hulle besluite. Heerlik gelees.
-
Viooltjie
Nou het jy my nuuskierig, Neels. Nog 2 hoofstukke? Dan gaan daar sekerlik iets onvoorsiens gebeur ☺ ek sal uitkyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Heerlik gelees Neels, ek hoop van harte dat die 2 baie gelukkig sal wees... dalk is daar later n opvolg op hierdie prag verhaal, om ons meer van die getroude lewe met al sy jakkalsies te vetel?