Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy nooit sal herstel.
Ek maak skade
vêr dieper as wat die oppervlak wys
en laat jou ondergrondse riviere droog.
Ek is die storm wat binne jou woed.
Verstik aan my.
© Anria (01/03/2016)
2 Kommentare
-
Viooltjie
Baie interessante en sterk gedig, Anria. Dit maak baie impak. Ek vind ook dat die spasies verlore gaan wanneer ek op die rekenaar copy en paste. Tot dusver het ek nie dieselfde probleem gehad wanneer ek op my tablet copy en paste nie. Dis nogal vreemd :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anria
Die spasies werk glad nie saam nie ... so die impak sal seker nie wees soos ek dit wou hê nie ... sorry julle.