Ek ken jou soms
Wie is jy?
Wese waarvan ek droom –
meerman wat bly by die see
en nooit skroom
om grepies uit sy dag vir my te gee.
Jy kom lawe my roos woestyn
met die teerheid
van ñ gentleman ‘s touch
wat rakelings die ruwe rots
van my bar siel laat verbrokkel.
Jy soutsproei die dorings dood in my dag
met die heuning wat drup vanuit jou lag
Wie is jy?
Wese waarvan ek droom –
meerman wat woon by die see
Wie is jy?
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
In geheel is dit baie goed verwoord.