Jongste aktiwiteit:

Sonder jou in my môre …

sal jy môre nog daar wees
om my vas te hou
sal jy môre nog loop
met jou hart op jou mou

sal jy môre nog opstaan
en lief wees vir my
sal jy môre nog vra
om ‘n soen van my te kry

sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan
en my nog ‘n drukkie gee
sal jy môre nog ‘n ekstra uur
tyd aan my bestee

sal jy môre nog glimlag
vir die musieknote in my stem
sal jy môre nog bly wees
jy het my hart gewen

sal jy môre nog daar wees
om my van jou liefde te sê
want sonder jou in my môre
wil ek nie nog ‘n dag hê

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed