Jongste aktiwiteit:

Talm

ek staan besluitloos voor die boekrak
veeg ongeërg oor skilfers van ‘n ou woordestroom
– sameroepers van woord en rym

ou geskrompelde woorde
wat skuil in deurwinterde poësie
– ook woorde in my eie hart
wat kop onderstebo skuil
agter ‘n gekneusde ribbebeen,
wat kromvinger wys na goedgevormde dig
gebundel tussen leer en lint
(die seer wat wil uit – bloot nerfaf letsels
van ‘n oor aktiewe kind)

vandag verdamp gedagtes in my mond
en ek sluk dors aan verse
waarin konkavure se rookbollings swaar hang
oor ‘n oorbevolkte streek,
waar armoede daeliks die griesmeelbrood is
van afstammelinge wat voorvader grief wil wreek.

jirre help ook my
om die stom stremsel van woord-swye te breek
(hierdie hart word te swaar
om nuwe aarbeddings te voed)-

want hier staan ek steeds voor die boekrak
(huiwerend)
en soek vervaard na erkende Afrikana
waarin ek my eie onvermoë kan versteek.

© Almarie Truter




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed