Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my
en sou ek my teen jou bors kon vly
as drome waar was het my oë geblink
en sou my gedagtes vonkelwyn skink
as drome waar was, was my hart nie seer
en sou ek nie kon wag vir volgende keer
as drome waar was, was my siel nog heel
en sou ons heelnag tussen sterre gaan speel
as drome waar was, het jy my hand vasgehou
en saam met my gedans in die voornag se kou
as drome waar was, het jy in my oë gestaar
en ek sou geweet het, jou liefde lê daar
as drome waar was, was daar ‘n toekoms voor my
een waar ek en jy vir altyd saam sou bly
as drome waar was, het jy my liefgehad
en my nie sommer net so verlaat
…
maar drome is nie waar nie
drome is bedrog
eensaam gedagtes
lê vaal in die stof
© borrels
8 Kommentare
-
-
Arnold
Om drome te droom is om die siel aanmekaar te hou...
-
Amaspoke
Drome is daar om die werklikheid te ontsnap. Baie raak beskrywing
-
neels
Borrels is vir my nog altyd die uitstaande een as dit by romantiese gedigte kom en hierdie pragwerk staaf dit vir my
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Diep hunkering na verlore liefde wat mens hier raak lees, Borrels