Jongste aktiwiteit:

O, Om Net Te Kan Sien

O, Om Net Te Kan Sien —

Die wonder van sien is om
onafhanklik te kan loop waar jy wil
sonder menslike hulp of gidshond en
om alles normaal te kan lees sonder
die moeilike braileskrif vir niesiendes
en om almal se gesigte en uitdrukkings
te kan sien wat trefkrag aan hul woorde gee—
O, om net te kan sien, net te kan sien—
Wuiwende savannevlaktes, blou hemel
oorspan met die veelkleurige reënboogbelofte,
berge, rantjies, majestieuse gebergtes,
blomme vanaf die mooiste roos tot die
eenvoudigste versteekte veldblommetjie
bedek met oggenddou of reëndruppels,
sonopkoms en sonsondergang en om
saans onder die volmaan saam te kan droom,
of langs die buierige see te stap as branders breek—
Die wonderlikste van alles is om jou
dierbare gesig en liefdevolle oë te kan sien,
‘n gelaat gevul met deernis
net vir my—

Janetta – Helena [Babs] ©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed