Die Droomvanger
Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in die brandende son. Hy fluister in […]
Die edik in my woorde
JY, die eens held van my kinderdrome en die redder van my vrouwees vrees het jou verwerping louwarm teen my siel se binnenaat kom lê dit was toe die ongestotterde woorde in dade voelbaar was wat die stilswye skerp soos dolke deur my kon priem deur ontkenning van my bestaan is my drome in flardes […]
Stilte na die storm
dis stil in ons huis vanoggend die storm is verby alles lyk dieselfde maar niks is soos dit was dit was ‘n wilde storm eintlik ‘n orkaan soveel verwoesting soeveel woede ek het dit sien kom die wolke in die huis baie dig met tye stilte oral waar jy kom stadig het hy ingesluip ‘n […]
Staar
Ek kyk na jou en onthou hoe ek my hart heel in jou keel gesit het en die knop in myne net half gesluk het ( inspirasie : http://30-years.dailymegabyte.com/ex-lovers-meet-each-other-after-30-years/)
Jou verdorde oewers
in die skarlaken van jou versteekte woorde wat jy in herhaling aan die kruis kom hang spyker jy jou eie vernielde drome in die donker storms van jou lank terug se onthou wat soos ‘n skamel lendedoek om jou eensaamheid vou staan jy dan soos ‘n geknakte riet (deurtrek van bitter asyn) probeer manmoedig – […]
Reënboog sinsnedes
jou goudkwas heuning sinne eens boepensvol gevul met reënboog-mooi beloftes drup in karkas van ‘n wolf wat skaap se jas wou dra maaiers vreet hul feesmaal as die reënboog sinsnedes mettertyd verrot, verdof in hul sterk dermkanaal
ONS VRA
ONS VRA Ons het nie die antwoord nie op al die lewensleed en wee. Die antwoord is nie so eenvoudig nie. Ons soek. Ons vra. Ons wonder dan: Gaan daar ‘n antwoord kom? Daar gáán ‘n antwoord kom – miskien nie nou, maar wel hierná.
Omgery
Omgery In die pad lê ‘n klein hopie bloedbespat nasleep van vrotsige remme, vervaardheid en ongeduld van spertyd se gejaagdheid— Verkeersdom ou hondjie ‘n weerloos verdwaalde bondeltjie kerm verdwaasd flou ineengevou— Vir oulaas in die truspieël kyk hoe warrelwindjie oor hom stryk met stof en sand bedek en haastig wyk die pyn aanskou van stryk— […]
Ou Gekraakte Hart..
Gekraakte hart, vanaand raak ek van jou ontslae. Ek soek liefde, ek soek weer ware liefde in my lewe. Jy gaan my nie keer nie, God het vir elke pot ‘n deksel gemaak, en myne is oppad ek glo dit, en vanaand heel Hy jou, ou-kraak. Jy sal weer vernuwe, sodra ware liefde in jou […]
Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria