Stilte na die storm
dis stil in ons huis vanoggend
die storm is verby
alles lyk dieselfde
maar niks is soos dit was
dit was ‘n wilde storm
eintlik ‘n orkaan
soveel verwoesting
soeveel woede
ek het dit sien kom
die wolke in die huis
baie dig met tye
stilte oral waar jy kom
stadig het hy ingesluip
‘n kouefront
toe bars die storm uit
die blitse het uit Ma geskied
die donders uit my Pa
elektries gelaaide wolke
met geen afleier
net die woede in die storm
en toe die hael
groot soos klippe
uit die lig gegooi
oral het dit geval
niemand kon dit keer
ek het agter die bank geskuil
probeer om dit te stop
maar my blitsies is te klein
en my donders is te sag
ek het maar net tot die einde gewag
die storm het my rondgepluk
vir Pa en Ma heen en weer geruk
die donders en die bliksems het aangehou
net die bande het hulle bymekaar gehou
en toe met die laaste bliksem het dit gebreek
die twee finaal uitgewreek
dit is stil in ons huis vanoggend
die storm is verby
alles lyk dieselfde
maar niks is soos dit was
daar is ‘n donderwolk op pa se gesig
en reën op ma se wang
en my lyf wat nooit ophou bewe
wat ‘n hartseer kinder lewe
die wonde is diep binne
mens kan hulle nie sien
maar die bloed loop in hul oë
want hulle harte is gebreek
die huis is bitter koud
ek het so bly lê op ‘n hopie
te bang om te beweeg
die mure staan nog stewig
maar Pa en Ma het geval
die son kom helder deur die venster
maar hier binne is dit nag
ek buig my kop sonder vra
kan ek vir God hiermee pla
sal God miskien luister na ‘n kind
miskien kan hy weer vir Ma aan Pa vas bind
10 Kommentare
-
-
Koekekranka
O, die sieleleed wat ouers soms liefdeloos hul kinders veroorsaak roep ten hemel ! Tog is daar vir elke kind van die Here 'n kruis te dra; 'n kruis wat nie te swaar is nie, maar wat geestelike spiere bou om die noodwendige aanslae van die lewe te kan hanteer. Onthou net: God het nooit belowe dat dit altyd net voorspoeg sal gaan met ons nie. Nee, inteendeel, die wat Hy lief het, die kasty Hy soms om hulle te bou. Skatlam, jy mag maar jou vrese en jou smagtings voor die voete van Jesus neerlê eh Hy sal verhoor...maar op Sy tyd wat nie altyd nou is nie. Soms is dit later omdat later dan die regte tyd is! Lief jou en sterkte my kind.
-
Kiekies
Sjoe, hierdie is so soooo raak beskryf Ek voel die koue aan my eie lyf......Uitstekend!!
-
Anze
wow.. diepseer maar ongelooflik briljant vasgepen! Hierdie is n stilstaan gedig!!
-
Toom
'n Kragtige skildering. 'n Gedig! 'n Goeie, nie 'n mooie nie, 'n goeie. Dankie. GvT
-
Manna
Weet presies waarvan jy praat. Het dit gesien en beleef. Jy gee mooi uitdrukking daaraan. Sal ouers ooit verstaan wat hulle aan kinders doen?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ja, dit is nou 'n bitter hartseer situasie wat jy hier beskryf. Doeltreffend oorgedra