Cupido-dans
die bye zoem by die oorhangkrans
obseen om jou blom hul Cupido-dans
met die windjie draend jou vel se geur
verbloemd in die passie van jou fleur
o ek smág die by wat na jou toe kom
om nektar te suig my oopvoublom
om saam met jou die nag deur te fees
met wat net jy in die liefde kan wees
3 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goed, Koekekranka :-)
-
Anze
die mooiste beeld wat jy hier gebruik om die liefde te beskryf... pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
inkvink
Hallo daar, lekker om die ou bekendes te sien. Baie oulik geskryf, sal iemand dan ooit moegraak van die liefde.