Jongste aktiwiteit:

SEISOENE

SEISOENE

Dis lente –
tyd van groei,
van kind nog wees.
Die lug is blou.
Jy lag, jy leef.
Jy glo:

Die lewe’s goed.
Die lewe’s mooi.

Dan somer –
dae wat sonnig skyn.
Die somer is so warm
en die lewe is so koud.
Jou sorge druk jou neer:
Ondraaglik’ las.

Die lewe’s hard.
Die lewe’s wreed.

Dan herfs:
Die blare val.
Jou stutte die verdwyn.
Jy staan ontredderd
en verslae. Jy vra:
Is dit die lewe dié:

‘n Blaar wat val,
‘n droom wat sterf?

Dan winter –
tyd van rus.
Is daar ook rus vir jou?
Die lug is grou ….
Jy kán nog lag
en leef en glo.

Want God is daar.
Hy’s daar

vir jóú.




10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed