DIE WINKENDE DOOD SLOTHOOFSTUK
Omdat sers. Olivier oorspronklik met Dalene se verdwyning gewerk het word die dossier terug verwys na haar vir verdere ondersoek na Dalene se geheimsinnige dood. Sy besef dat die sleutel tot die oplossing van die hele saak by die eienaars van die gesteelde Mazda bakkie lê maar om hulle op te spoor gaan nie n maklike taak wees nie. Daar sal op groot skaal gesoek moet word na die bakkie en volgens haar kollegas in die voertuigafdeling is die bakkie al n jaar terug as gesteel aangemeld. Vir hulle het die diefstal maar een van vele onopgeloste sake geword en al kans wat daar is om die bakkie toevallig in die hande te kry is dalk wanneer die bakkie in n padblokkade vasgekeer word of dalk deur die verkeerspolisie om een of ander rede aangekeer word.
Vir sers. Olivier is dit nie genoeg nie en bespreek sy die saak op die oggend vergadering met haar kollegas. Dit is toe sy onverwagte hulp van sers. Jacob Mofokeng kry wat voorstel dat hulle toestemming by die speurhoof kry dat hy haar help om die bakkie op te spoor. Sers. Mofokeng is n man wat baie by sers. Molefi op Vaalbos geleer het voor hy stad toe verplaas is. Soos Molefi staan hy bekend as n man wat sy man kry en is hy n meester in die ondervragingskuns. Sy bynaam onder sy kollegas is nie verniet varkhond nie, waar Mofokeng vasgebyt het los hy nie weer voordat hy die gewenste resultate gekry het nie. Vir hom is daar nie so iets as n onopgeloste saak nie.
Met die nodige toestemming verkry groet hy sers. Olivier en sê haar dat hy haar n paar dae nie gaan sien nie, hy gaan die gesteelde Mazda bakkie soek.
Presies een week later is sers. Mofrokeng die oggend terug op kantoor met n breë glimlag, hy het die bakkie opgespoor by twee Mosambiekers wat n winkel in Soweto het.
Hy het net ingekom om n klopjag aan te vra want hy is redelik seker daarvan dat hulle ook groot dwelm verskaffers is en dat die ou winkeltjie maar net n front is. Behalwe die dwelms is hy oortuig daarvan dat hulle onwettig drank ook verkoop.
Die volgende aand slaan die polisie op die winkel toe en oes n rype oes van dwelms, onwettige drank, asook die gesteelde Mazda bakkie. Die twee Mosambiekers word summier gearresteer op verskeie aanklagte en word hulle toegesluit om later ondervra te word nadat hulle voor die hof gebring is en sers. Olivier uitstel kan vra het vir verdere ondersoek in die saak. Een van die redes wat sy aanvoer is die feit dat die bakkie op nog n misdaadtoneel opgemerk is wat verband hou met die onwettige verwyder, vervoer en begrawe van n dooie liggaam. Op grond hiervan staan sy ook enige borgaansoek teen.
Terug in die selle gaan sers. Mofokeng tot aksie oor. Hy kies die swakste een van die twee uit en maak hom sit in die ondervragingskamer. Agter die Mosambieker neem n jong konstabel stelling in, al wat hy moet doen is elke slag as die Mosambieker sy kop laat sak moet hy dit optel dat hy sers. Mofokeng die hele tyd in die oë kan kyk.
Wat in die ondervragingskamer deur die middag gebeur weet niemand nie. Die Mosambieker se maat word ook later gehaal en kan sers Olivier nie gewone tyd huis toe te gaan nie want die twee Mosambiekers wil graag verklarings aflê.
Hulle sing soos kanaries en kom met alles tevoorskyn. Hulle verskaf ook die adres van die Nigeriër waar hulle die liggaam gaan haal het om van onslae te raak. Omdat dit die nag gereën het het hulle, toe hulle die stad uit is, besluit om die liggaam sommer in die omgeploegde mielieland te begrawe.
Die volgende aand word n klopjag op die Nigeriër se gesellinklub geloods en word die hele satansnes, insluitende die gesellinne, opgeruim. Die Nigeriër is n harder neut om te kraak as die twee Mosambiekers maar na n nag in sers. Mofokeng se geselskap, terwyl sers.Olivier die gesellinne ondervra, is hy meer as bereid om n verklaring af te lê en n paar name van dwelmverspreiders ook te verskaf. Die volle verhaal van Dalene se ondergang kom tevoorskyn uit hulle verklarings en is dit net die deeltjie na haar verdwyning uit die hospitaal wat duister bly.
Dit is n verligte sers. Olivier wat Catherine een middag by haar woonstel inwag om haar die volle verhaal van Dalene se laaste tyd op aarde en haar dood te vertel. Catherine sit die hele tyd en luister en is dit toe sers. Olivier klaar vertel het wat Catherine by haar venster gaan staan en lank oor die stad uitkyk. Dan draai sy om en bedank sers. Olivier dat sy haar kom vertel het, dit voel vir haar of sy nou rus sal kry noudat sy die waarheid van Dalene se laaste tyd op aarde weet.
Catherine woon die hofsaak waarin die Nigeriër voorkom by en is die uitspraak van die landdros vir haar n riem onder die hart.
Die landdros sluit sy uitspraak, na skuldig bevinding, af met: “Dwelms en prostitusie is twee van die grootste euwels in hierdie land wat besig is om hierdie land se jeug te vernietig. Dit is my plig om die persone wat hiervoor verantwoordelik is uit die samelewing te verwyder en lê ek die swaarste straf moontlik op. ek vonnis die beskuldigde tot lewenslange gevangenisstraf op en mag die beskuldigde nie vir parool in aanmerking kom nie. Ek hoop dat hierdie vonnis as waarskuwing vir ander ook sal dien”.
Catherine voltooi die res van haar jaar op technicon om na haar studies terug te keer na Vaalbos waar sy haar besigheid vanuit die huis begin bedryf na haar en Jaap se huwelik. Dit is n huwelik wat Vaalbos seker nooit weer sal sien nie want dit is nie aldag wat twee susters op dieselfde geleentheid trou nie.
Dit is n uithang geleentheid met n stralende Catherine saam met n ewe stralende Anneke, albei geklee in spierwit trourokke met baie kraletjies en digte sluiers wat wwerskante van hulle pa ingehak in die kerk inkom. Eers lig hy Anneke se sluier en soen haar voordat hy haar afgee en dan lig hy Catherine se sluier en soen haar voordat hy haar afgee aan Jaap.
Die strooimeisies is in pienk geklee en het hulle nogfal moeie met die bruide se lang wit slepe wat agter hulle aansleep.
Die onthaal is uit die boeke uit en het Johan Scholtz geen onkoste ontsien om seker te maak dat hierdie dag die hoogtepunt in sy twee dogters se lewe is nie. die tafels kreun onder die kos en wyn en sjampanje is daar genoeg.
Die seremoniemeester is Albert de Necker, die verkoopsbestuurder van die firma by wie Boerevervoer gereeld hulle voorhakers koop en laat diens as hulle eie werkswinkel nie kan bykom nie.
Catherine, kampveger teen die gebruik van dwelms, het spesiaal n deel van sy toespraak vir hom geskryf wat hy voorlees: “Ek is vandag n gelukkig stralende bruid maar dit kon so anders gewees het. Daar was n tyd wat ek aan dwelms verslaaf was maar met die hulp van my familie en die hulp van God het ek oorwin om vandag as stralende bruid hier te staan. Dit kon met my gegaan het soos met n vriendin wat die stryd verloor het en haar lewe as gevolg van dwelms verloor het. Mag my lewe n voorbeeld vir baie wees en my waarskuwing vandag aan jong mense is om weg te bly van dwelms af, dit vernietig net lewens”.
Toe Jaap
Catherine het by die ondersteuningsgroep aangesluit en het hulle n gedugte span geword wat dit hulle lewenstaak gemaak het om Vaalbos skoon te maak en skoon te hou van dwelms. Hulle het met kinders gesels om hulle op die gevare van dwelms te wys, praatjies by die skole en kerke gehou en was dit hulle grootste vreugde gewees as n kind hulle nader met n dwelmprobleem en hulle van hulp kon wees om so n kind te help om van die dwelms ontslae te raak en weer n vol lewe te kan voer.
Elke slag het sy haarself daaraan herinner dat sy uit dankbaarheid teenoor haar Skepper n lewenstaak het om hierdie satan met alle mag en krag tot haar beskikking te beveg want dit kon so maklik gebeur het dat sy dieselfde paadjie as Dalene geloop het. Sy het dit ook baie keer vir Jaap gesê dat sy net dankbaar is teenoor God wat hom op haar pad gesit het toe sy die tweede keer amper gefaal het en weer n verslaafde geword het.
Miskien kan n mens die kroon op Catherine se rehabilitasie sit toe sy die aand geboorte gegee het aan hulle eersteling, n pragtige ou dogtertjie met haar ma se blondekoppie.
Dit is toe sy die ou kleintjie styf teen haar vashou en Jaap, wat by haar sit, met dankbare oë aankyk en sê: “Weet jy Jaap as ek nie die dwelmpad gelos het nie het ek jou nie gehad nie maar dan was hierdie ou kleintjie ook nie daar nie. Ek het soveel rede tot dankbaarheid want my lewe is n vrolike lied. Niemand moet vir my kom vertel dat dwelms die moeite werd is nie en ek gaan nog harder veg om mense uit die dwelmdraak se kloue te red. Ek glo my Skepper het my met n doel deur alles gelei om my toe te rus om n soldaat vir Christus te wees om dwelms met alles in my te beveg maar ook om hulle tot bekering te lei en Christus, wat vir ons sondes aan die kruis op Golgota gesterf het, te ontmoet ”.
Jaap het maar net geglimlag want hy staan by sy Catherine deur dik en dun en hy sal ook haar inspirasie in haar stryd teen dwelmmisbruik wees, al is dit net ter wille van hulle kinders om te verseker dat hulle nooit op die dwelmpad sal beland wat besig is om jong mense se lewens roekeloos te vernietig nie.
Catherine word n gewilde spreekster by skole teen dwelms en is sy op haar gelukkigste wanneer n kind na vore kom vir hulp teen dwelms.
Sy praat egter nie net met die kinders nie maar ook met die ouers op sulke byeenkomste: “Dit is die ouers se plig om ten alle tye bewus te wees waarmee hulle kinders besig is. Dit is hulle plig om seker te maak dat hulle kinders genoeg aandag en liefde kry sodat hulle dit nie op n ander plek gaan soek nie.
Hulle moet hulle kinders betrek by huisgodsdiens en indien daar nie huisgodsdiens beoefen word nie om dit dadelik in te stel want dit is een van die sterkste wapens teen dwelms.
Let op die tekens wat kan verraai dat jou kind met dwelms deurmekaar is. Gewigsverlies, onrustigheid, vergrote pupille, geen lewenslus, ligte vlekke op die vel, skielike opstandigheid, om maar n paar te noem”.
By skole doen sy n beroep op kinders om na vore te kom as hulle in die dwelms se kloue beland het; “Daar is hulp. Soek hulp voordat te laat is en jy met jou lewe betaal soos in die geval van n vriendin van my, en dan vertel sy vir hulle die storie van Dalene Jacobs.
Een aand na so n byeenkoms noem sy teenoor Jaap: “As Dalene se dood een kind tot insigte kan dwing om na vore te kom vir hulp was haar dood nie tevergeefs nie.
4 Kommentare
-
Anze
Neels ek is so bly jy het hierdie verhaal weer geplaas, dit dra so n groot les vir oud en jonk. Heerlik gelees dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Soms moet 'n mens eers deur diepe waters gaan om die hele impak daarvan te verstaan, om ander mense te kan help.