Aanrolbrandertjies…
Met aanrolbranders in my brein
bly ek ronddobber op gety
teen my nodelose aanhou stry
en koudverlang wat in my skry.
Maar vroegdag het my bitter trots
teerverlang se rots geklots,
en met die t’rugtrek van gety
was op my strand se siele-sand
jou kaalvoetspore ingebrand.
Toe’t ek (dikvellig in my nerf)
gekeer dat liefde in my sterf;
myself in jeugverdroom bederf
deur in verbeel in jou te swerf…
4 Kommentare
-
-
Anze
teer-sag en so mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Uitstekend gedoen! Daai middelstrofe veral!!