BOME IN DIE WIND
BOME IN DIE WIND Soos bome in die herfs, wat, bewend in die wind, gestroop, geledig word van elke enk’le blaar, so is die Heer se kinders: Bome in die wind. Die winde ruk en pluk. Die takke buig en beur, so weerloos in die wind. Die bome kerm: Nee! Dit is genoeg! Ek kan […]
HEEL DIE TYD ‘N WOND?
HEEL DIE TYD ‘N WOND? Jy’t seer gekry. ‘n Wond het jy waarvoor daar geen genesing is. Miskien glo jy dat tyd die wonde heel? Miskien vra jy: O Vader Tyd, kom heel my met die tyd. Hy antwoord jou: Ek kan nie heel – ek dryf die pyn net na vergetelheid. Vergeet is nie […]
Pyn
In my hart ingegrou diepe letsels gesny, seerkry oor jou sal vir ewig bly! Verwerp, eenkant gestoot… doodlewendig voort. Ellendig in nood, dis ek, dis my soort! Diep in my dop ingedwing swygend eenkant, trane wat sy eie seer sing elke dag se trant. Verafskuwing wat kleef sit vas soos doodskleed. In my siel vasgeweef […]
GENESING
GENESING Jy was eensaam en wanhopig. Jesus kom en raak jou aan. Jy’t diep gedaal in put van pyn. Hy kom en haal jou uit. Jy was gekneus, jy was gebreek. Hy kom en Hy genees. Sy sagte hand die raak jou aan. Sy sterke hand die haal jou uit. Sy liefdeshand genees jou nou.
Verbrokkelde werwels of geheueverlies
Esmeralda bekyk haarself in die kleedkamer spieël en die pyntrek in haar oë word duidelik terugweerkaats na haar. Op 45 jarige ouderdom voel sy andersins perdfris en gesond en nog vol energie om saam met haar kinders krieket en netbal te speel, dis net hierdie alewige pyn in haar rug wat haar menige dae onderkry. […]
Grond so rooi soos bloed
Arek grawe met sy vingers in die droeë grond. Rooi stof koek onder die priester se vingernaels en klou aan die bloed wat sy verrimpelde hande vlek. Sy trane verwring die wêreld om hom tot ’n wasige, rooi poel. Hy stoot nog grond uit die vinnig gegraafde graf, vee oor sy gesig en laat sy […]
Die mantel in my rigting …
eers toe trane wat oor my wange stroom my hande koud-nat laat raak besef ek dat die soen op my wang seerder as ‘n klap in my gesig maak maar jou koue harde rug was onverbiddellik op my gedraai en die mantel het sonder ophou in my rigting gewapper-swaai
HARDE BED
HARDE BED – Hulle is al ure lank besig met hom. X-straalfoto’s en nimmereindigende toetse en nog wat. Intussen word sy liggaam verteer deur pyn. Twee inspuitings was nie genoeg om die pyn te verdoof nie. Die bed waarop hy lê, het ‘n metaalblad. (Om een of ander duistere rede móét dit metaal wees). Hy […]
Die soektog
Jy is dood. My liggaam word ’n legkaart toe die persoon van die hospitaal my skakel. My hele wese skeur uitmekaar. My siel spat aan skerwe. Stukke lê versprei oor die aarde heen, lê verlate waar ons saam was. Maar nou is daar niemand om my op te tel nie. Niemand om na die stukke […]
Gister se kleure
Gister is die kleur van ’n ou foto. Die eerste teken van jou liefde is wit wolke aan die begin van lente. My liefde vir jou is ’n dieprooi roos. My geskenke en blomme aan jou is ’n pouveer se reënboog. Ons eerste soen is helder sonlig. Ontrouheid is die kleur van roet op glas. […]