Jongste aktiwiteit:

Gister se kleure

Gister is die kleur van ’n ou foto. Die eerste teken van jou liefde is wit wolke aan die begin van lente. My liefde vir jou is ’n dieprooi roos. My geskenke en blomme aan jou is ’n pouveer se reënboog. Ons eerste soen is helder sonlig.

Ontrouheid is die kleur van roet op glas. Dieselfde roet wat alles wat ek sien nou verkleur.

Verdofte liefde is ’n veerwolk se wit wat donderstormgrys word. My hartseer se kleur is bloedrooi. Hoop vir liefde se terugkeer is die kleur van ’n kersvlam. Die kleur van woorde wat uit woede geskree word is goue en blou weerlig. Totsiens is brandende teer wat woorde en trane in my keel wurg. Die mes van jou woorde wat binne-in my kolk is silwer.

’n Silwer dolk wat steek.
’n Gesteekte hart wat huil.
Rooi bloed wat drup.

Die kleur van jou nuwe liefde is die pers van gekneusde vel. My woede en jaloesie is sieklike geelgroen gal. Maaiers en verrotte, swart tande is sy snedige uitdrukking. Want hy weet van my pyn. My wanhoop is die rooi van droë beesbloed. Die laaste groet is die stad se besoedelde naglug.

Gister se gebroke liefde is ’n dowwe foto in ’n laai weggesteek.




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak