Pyn
In my hart ingegrou
diepe letsels gesny,
seerkry oor jou
sal vir ewig bly!
Verwerp, eenkant gestoot…
doodlewendig voort.
Ellendig in nood,
dis ek, dis my soort!
Diep in my dop ingedwing
swygend eenkant,
trane wat sy eie seer sing
elke dag se trant.
Verafskuwing wat kleef
sit vas soos doodskleed.
In my siel vasgeweef
diepkwetsend vol leed.
Vergifnis vra-roepend
pyn diep ingekerf.
Las aflaai-soekend
die lewe deurswerf.
Gebukkend aan skuld
breek als aan flarde!
Oë wat my nie duld
lewensbenarde!
My roep is genade!
Aanklaend-verniel…
verwerplike dade
bevry my siel!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Mariska Smit
Mea culpa...eina...voel jou pyn!