Sprogedie
Sprokie liefde is die skulp
waaruit ek my pêrels skep
‘n halsnoer om my nek
vibreer stom as my stem
Lekseme lê soos Sneeuwitjie
in ‘n glas kis ten aanskou
aan hartseer verstik
met ware liefde opgewek
Om saam Skoonlief weer
die Ondier te trotseer
met n wals van woorde
‘n roos se verlep te keer
Al spinnende slaap die Skone
in strofes sonder skerp punte
vir n honderd jaar stil
tussen dorings en rose
Raponsie vou ‘n vlegsel
uit versteekte frases
in ‘n sleutellose toring
en wag vir grys word
Ten slotte- word ek tragies
die skuim van die see
as meermin het ek my stert
verniet prys gegee
5 Kommentare
-
-
Koekekranka
'n Asemrowende werkie mensie!
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Mariska hierdie is absoluut pragtig