Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond gestewel en gespoor, in my kop hoe hard ek ookal mag probeer ek kan die herinnering nie stop ek onthou weer elke klein gebaar jou stem, jou lyf, jou lag ek onthou hoe het ons planne gemaak en hoe ek vir jou sou wag jou stasie-groet was kort en […]
Maan
Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef nie eers liefde te wees vir ‘n […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Grondroof
Jy is oordwars vertrap, verslof, deur bees en bok oorwei en sonheet rol die donkies stof waar vrugte eens gedy. Die syfering waar veergoed les is nou verharde rots; die kweperlaan waar goggas nes was kindtyd Ma se trots. Die plaashuis stal vernielsug uit met afgesteelde dak; en gate wat eens vensters was verspook met […]
Verby die dal van stilte
Ek tuur oor die horison, kyk verby die lyn wat skei tussen wat ek weet en wat verby moet gly… Ek tuit my oor om beter te hoor en slegs hol eggo’s weerklink dit sak af en begin insink verby die dal waar stilte rus Dit spoel verder as die groene velde na waar weiding […]
Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
Kyk mooi na my hart
Kyk in jou sakke In jou kar In jou tas Kyk oral Waar jy dink My hart in kan pas Dalk kan ek hom Vir jou ‘n Ander tyd stuur Ek is net bang Jy vat hom weer saam En los my hier
Wanneer orrelstryk chaos raak
Ek had ‘n tante wat kween was en wat as selftoegeëinde reg geglo het sy weet alleen alles. En sieklik snipperig in haar gusheid jy sal nie glo nie! Dis mos sy wat my eendag sommerso dwars opgeklim het toe ek vir Kleinsus waarsku sy moet nie so truiloos in die winterluggie rondhardloop nie want […]
In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]