Jongste aktiwiteit:

In my wêreld

Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie
Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie

Ek het weg geraak in my eie wêreld
Here, niemand het eers na my kom soek nie!
Dit was so stil, Here
Ek was so alleen

Het iemand ooit geweet ek is weg

Ek was kwaad, Here
Ek het gehaat
Dis nie wie ek is nie
Maar dit het so reg gevoel

Waar was U toe ek geroep het
Waar was U toe ek my stem weg geskree het
Dit maak seer, Here
Om te voel asof ek met myself praat

Sit stil
Luister
Ek wil vir jou kom fluister
En soos die wind
Wil ek saggies aan jou raak
En met ‘n soen
Wil ek alles beter kom maak

Om elke draai
Om elke hoek
In jou wêreld
Het My liefde jou kom soek

Toe jy begin hardloop het
Toe hardloop Ek saam
Toe jy vergeet het wie Ek is
Toe sing Ek nog jou naam

Ek was reg agter jou
toe jy gevoel het jy was alleen
ek het jou regop gehou met die wind
en ek het jou omhels met die reën




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed