Jongste aktiwiteit:

Ek sou

Ek weet jou lewe storm
Ek weet jou hart dra swaar
Ek weet jys bietie kwaad vir als
En ek weet jou hoop is klaar

Met my arms uitgestrek
Staan ek agter jou
Reg om jou vir ‘n dans te vra
Terwyl ek jou in die reen vashou

Vir jou sal ek die sterre vang
En hulle een vir een in jou kamer kom hang
Sodat voor jy gaan slaap, jy die hemel kan sien
Want dit is presies wat ‘n engel verdien

Nou skryf ek oor die liefde
Al is ek alleen
Ek skryf oor die sonskyn
En sit in die reen

Net ‘n droom
In die wereld van my
Onbekend
Is wat jy gaan bly

Vir jou sou ek die sterre vang
En hulle een vir een in jou kamer kom hang
Sodat voor jy gaan slaap, jy die hemel kon sien
Want dit is presies wat ‘n engel verdien




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed