Hey meneer Duiwel
hey meneer duiwel
ek hoor jy hou van uitdagings…
wel hier is een vir jou-
kom
breek my fokken hart
ek dare jou
kom soos ‘n brullende leeu in die nag
kom verskeur my
kom fok my op soos wat net jy kan
ek dare jou
kom ruk elke stukke seer uit my liggaam uit
ek weet ek steek dit weg,
maar jy kan dit kry
kom gooi dit voor my
sodat ek darna kan kyk en daaroor kan val
ek dare jou !
Weet jy wat, meneer duiwel
ek gaan opstaan
dalk nie nou nie
dalk ook nie more nie
maar ek SAL opstaan
en dan meneer duiwel
beter jy hardloop
ek dare jou
want die ek waarmee jy so gespeel het
bestaan nie meer nie
God het my kom
Kom op hemel
En nou staan ek sterker as ooit
In die wêreld wat nog met speelgoed swaarde veg
Dankie meneer duiwel
Die seer wat jy vir my gegee het
Is nou my grootste wapen
Die wapen wat jou die seerste gaan maak
Die wapen wat duisende mense,
Duisende van God se kinders,
Net so sterk soos ek gaan maak
En dan meneer duiwel
Gaan hel lekker wees
Teenoor die plek wat God se warriors die wêreld vir jou gaan maak
Ja, mener duiwel, ek gaan nog ‘n paar keer val
En ek weet dit gaan seer wees
Maar eks reg vir oorlog
Want ek is Jesus se soldaatjie
Ja meneer
3 Kommentare
-
Koekekranka
Jou laaste twee reëltjies kondenseer die hele gedig! en is so uiters gepas en presies geplaas... Mooi man!
-
Viooltjie
Dis nou lekker anders. Goed gedoen :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Let op die paar vingerfoute Niel, sterk boodskap hier vasgepen