
Winter
Winter
Die kaggelvuur moet brand
want die winter het arriveer
onverbiddelik
tot groot seën
en groot ellende—
‘n Sagte winter reëngroet
gerusstellend en vriendelik
het sy aankoms ingelui,
maar daar ver agter
word die slagordes opgestel
en die falankse in vaste reëlmaat
op ons losgelaat met
stortreëns en
stormwinde
se woedebuie—
‘n Nat winterkoue
met oorstroomde huise
en klappertand bewend
van die koue weet jy
dit sal weer verbygaan,
die somer sal weer kom
en alles uitdroog, ja verseker
sal die somer weer kom—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed gedoen. Wonderlike atmosfeer geskep en sommer mooi verduidelik hoe die Kaapse winter werk. Hoekom skryf jy nie die gedig in vir die teenstellingsprojek nie? :-)