My brief
Here,
Laat dit wat borrel
Hier binne my
In die mooiste
Mooi woorde verander.
Laat my hart
Oop bars
Op wit papier.
Laat my emosies
Die skryfstuk
versier.
Bring terug:
Rymwoorde,
Groot woorde,
Vloekwoorde
En woorde
Van omgee.
Laat my trane
In ritme verander
Soos dit drup-drup
Oor die ink.
Laat dan Jou liefde
Die koevertjie wees
Wat my brief
Snoesig toevou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed gedoen, Niel.. jou werk word al beter en beter :-)