Jongste aktiwiteit:

Verby die dal van stilte

Ek tuur oor die horison,
kyk verby die lyn wat skei
tussen wat ek weet
en wat verby moet gly…

Ek tuit my oor om beter te hoor
en slegs hol eggo’s weerklink
dit sak af en begin insink
verby die dal waar stilte rus

Dit spoel verder as die groene velde
na waar weiding vrylik te kry is
en waar waters heimlik vloei,
wat eintlik ‘n gemoed moet sus

Self in hierdie leë plek
bly ek soek sonder om te vind
na ‘n stem sonder klank
want tussen hier en daar

is slegs ‘n gebreekte brug!




2 Kommentare

  • Koekekranka

    Soekers soek soms sonder stiltes... Pasop dat mens so besig word om te soek dat jy God nie kan hoor nie. Stilte is dan nodig. Mensie, hierdie is 'n ware sielsoekende werkie wat my dit talle kere oor en oor laat lees het. En elke keer wat ek dit lees word dit almeer vir my blare wat ritsel sonder deurlating van lig. Maar die mens bly maar altyd 'n soekende...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed