Jongste aktiwiteit:

Soet Teugies Heuningtee

Soet Teugies Heuningtee

Die liefde is so
uiters delikaat soos
die duursaamste en
fynste porseleinkoppie
teen jou lippe aan as
jy die liefde indrink soos
teugies soet heuningtee—
Dis kwesbaar soos ‘n kleine voëltjie
in growwe onsimpatieke hande wat
dit soos roosblaartjies kan kneus—
Die liefde is ‘n paradoks
van sagte brose teerheid maar
pynlik meedoënloos in sy verwerping
‘n onweerlegbare fenomeen
wat sag gevlerk deur
jou lewe vlinder —

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed