Grondroof
Jy is oordwars vertrap, verslof,
deur bees en bok oorwei
en sonheet rol die donkies stof
waar vrugte eens gedy.
Die syfering waar veergoed les
is nou verharde rots;
die kweperlaan waar goggas nes
was kindtyd Ma se trots.
Die plaashuis stal vernielsug uit
met afgesteelde dak;
en gate wat eens vensters was
verspook met naggeluid.
Die opgaartenk knus teen die skuur,
lê omgeval, verroes,
gestut deur afgedopte muur
en rankrose wat kroes.
Die widpomp kan nie maneuvreer
in soek na wieldraaiwind
want vlerkloos, lank en uitgeteer,
lê hy reeds roes-ontbind.
O Boereplaas, geboortegrond,
my hart, my siel bly skree
teen onreg van die nuwe bond
wat vat maar nooit kan gee…
4 Kommentare
-
-
neels
My vriend hierdie is n diep werk wat namens baie onteiende plase praat. waar top boerderye was is nou niks
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie gedig, Koekekranka :-)