Wit bene
Vandag sien ek gister se vrae
wat gebleik lê in die veld
van ons lewe se verloop
Die herinneringe sierlik wit
en moeilik om uit die oog te verloor
as die son so fel daarop val
Elke breek en duik
wat in die beendere pryk
‘n hoofstuk op sy eie geskryf
in letsel en kraak
die verslyt van daaglikse taak
en deurskemer van liefde en haat
Dieper as oogvlak se kyk
word die monument as lig afgemaak
terwyl dit in werklikheid
‘n biografie omsluit
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Jou gebruik van pragtige beelde is opvallend nes jou gedagtegang nieteenstaande dat jy ook spontaan neig na die donker sy. Altans so interpreter ek jou meedelings. Welgedane werkie!