Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

Maan

Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef nie eers liefde te wees vir ‘n hart om te breek nie. Ouch.

Is dit nie vir julle ook vreemd hoe ‘n storie depresief kan klink nog voordat hy vertel is nie? Of dalk meer ironies as vreemd.

So ek het besluit dat ek eerder oor iets mooi gaan skryf. Iets wat my al ‘n miljoen keer, dalk ‘n bietjie meer, in my spore laat stop het sodat ek net vir ‘n sekonde kan staar. Ek weet nie eers waar om te begin nie. Hoe skryf mens oor iets waarvan jy so min weet. Hoe kan mens oor iets skryf wat so nou en dan ‘n stukie meer wys van wat dit is en sodra jy dink jy het dit, raak daar ‘n klein stukkie weg… en dit wat jy gedink het jy ken verdwyn.

Dit maak dit ook nie makliker as soveel ander mense al oor dit geskryf het nie. Waar moet ek gaan soek vir woorde wat niemand al gebruik het nie? En as ek dit kry, waar moet ek dit skryf sodat niemand anders dit kan steel nie? Soveel mense het al oor dit geskryf, ek weet, maar ek is seker daar is iets wat iemand mis gekyk het, iets wat die storie spesiaal sal maak.

Ek sit en wonder soms – As mense die storie oor en oor skryf, wonder hulle ooit of dit wat hulle skryf die regte storie is? Of aanvaar ons maar net dadelik dit wat ons hart vir ons fluister, want die dit waaroor almal skryf is maar net daar, besig om mense te wys hoe skoonheid en geduld lyk. Ons kan nie meer sien as dit wat vir ons gewys word nie. Ek kan nog ‘n miljoen keer stop en staar en ek sal nogsteeds nie weet wat gebeur elke keer as ek nie kyk nie.

Ek dink die oomblik toe ek besef dat dit nie my storie is om te skryf nie het ek vir die eerste keer begin verstaan.

Ek sal maar wag tot die dag wat ek ‘n briefie in my posbus ontvang waar die maan self vir my sê hoekom die son haar jaag. En dan, as sy vir my klaar vertel het wat sy doen as niemand haar kan sien nie, sal ek my storie klaar skryf. Dan sal ek elke woord tussen die sterre laat gaan rus, want dit sal net ons geheim wees




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak