Jongste aktiwiteit:

Fyn ge(voel)ig

Die lyne in jou hart
loop noukeurig
en kom bymekaar daar
waar die wesenlike kern
van jou middelpunt
oopgebars lê

oop vir die wêreld
ontbloot
broos

want die sagtheid
wat in die kamers
van jou hart skuil
weerkaats in die swart
van jou oë

en jy glo
om vir hulle te wys
jy’s onbereikbaar
ontoeganklik
bot
koud
hard

sal jou ‘n sterker mens maak
maar dit laat jou
opstandig en alleen

daar is ‘n fyn lyn
sag of hard
of tussen in

mens kry so maklik seer
as jy jou sagtheid
neer lê
die nederlaag
emosies
bloei

maar waar lê die ewewig
van te min of te veel
om waarlik te voel
vorm tog seer
in seer is daar groei
en in groei is daar lewe
en wat is ‘n lewe
as jy nie kan voel

so my hartjie
jy kan probeer weg skram
van emosies
maar onthou net
dat die fyn lyne van jou hart
saam kom
en dit vorm ‘n lewe
waar die sentrum
van jou siel blom.

Chantelle Holder
26 Mei 2016
© 2016




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed