N MERKWAARDIGE VROU
In antwoord op Arnold se plasing “Anze” wil ek hierdie merkwaardige vrou vanoggend salueer.
Met die ineenstorting van die skrywersweb Woes het sy vrou alleen besluit om n nuwe skrywersweb Ink van die grond af tot stand te bring..
Vrou alleen het sy die finansies daarvoor bekom en saam met n paar getroue oud Woeslede wat haar met hulp en raad bygestaan het Ink tot stand gebring.
Ek glo nie een van ons sal ooit kan besef hoeveel sweet in hierdie projek gegaan het nie maar sy het dit gedoen en wat baie moontlik nie besef nie is dat die R50 per maand lidmaatskapsgeld minimaal is en haar help om die finansies van Ink in stand te hou.
Dit is so bitter jammer dat baie ou Woeslede nie hulle weg oopsien om daardie R50 per maand by te dra nie en dus nie by Ink aansluit nie.
Anze maar die wat daar is salueer jou en kan jou nie genoeg dankbaar wees nie.
Mag god se seen altyd op jou en Ink rus.
3 Kommentare
-
Arnold
Neels dit gaan vir my oor die onregverdigheid waar soveel "nuwe skrywers" se werk die minimum gelees word Hier lê geweldige potensial wat doodeenvoud versmoor word.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe Neels ek staan nederig voor jou en die mede-ink lede, baie dankie vir hierdie goue woorde my maat, ek waardeer dit uit my hart! Ook waardeer ek elke lid en besoeker op INK, want die webblad gaan oor Afrikaans in die geheel en NIE oor my nie. Ink se doel is tog dat ons in Afrikaans ons stemme kan laat hoor op n openbare platform hetsy deur gedigte of verhale. Ja ongelukkig is die feite so dat ek op geen manier INK 100% gratis kan aanbied nie aangesien dit geweldig baie geld gekos het om die webblad te kon skep en in stand te hou. Die middernag-ure se werk agter die skerms word egter gedoen vir die liefde vir my taal en dankbaarheid vir die talente wat ek van Bo ontvang het. So glo ek ook dat elke persoon wat by Ink betrokke om presies dieselfde redes hier is en daarom is ek baie dankbaar vir elkeen wat Ink ondersteun hetsy deur lees, kommentaar of publikasie. Besoekers moet egter daarop let dat hulle GRATIS kan aansluit om volle toegang tot die biblioteek en opleidings seksies te verkry, dan kan hulle ook (sou hulle so voel) kommentaar lewer op die gepubliseerde werke. Ek herhaal dan my kommentaar aan Arnold ook hier: baie dankie dat jy jou gedagtes hier kom deel het. Jy moet egter dit in gedagte hou dat INK nog in babaskoene staan en nie oor die geweldige ledetal van die vorige webwerf beskik nie. Dit sal egter met tyd kom. As elke lid op INK sorg dat hy/sy dalk 2 of meer nuwe lede bring om aan te sluit kan ons lesertalle dalk die hoogte inskiet, anders sal dit maar soos goeie wyn met tyd gebeur want ongelukkig moet mens maar eers kruip voor jy kan loop. Aangesien INK nie 100% gratis aangebied kan word nie (R50 pm is SLEGS vir lede wat wil publiseer) kan dit dalk n invloed he dat baie mense dalk nie verstaan dat hulle GRATIS kan aansluit om te lees (ook die biblioteek en opleidings seksies) en kommentaar lewer nie. Dit is NET vir die voorreg om te publiseer wat lede moet betaal. So as al ons vriende GRATIS kom aansluit en saamlees sal dit ook die lesergetalle opstoot en INK meer bekend maak onder die publiek. Ek is egter baie ingenome met die huidige ledetal en aantal besoekers wat wel die blad besoek volgens die analistiese program se statistiek wat ek op n daaglikse basis kry en monitor. Ek vertrou dat hierdie verduideliking dalk n ander lig werp op jou bekommernis.