BOME IN DIE WIND
BOME IN DIE WIND
Soos bome in die herfs,
wat, bewend in die wind,
gestroop, geledig word
van elke enk’le blaar, so
is die Heer se kinders:
Bome in die wind.
Die winde ruk en pluk.
Die takke buig en beur,
so weerloos in die wind.
Die bome kerm: Nee! Dit
is genoeg! Ek kan nie meer!
Ek skeur! Ek skeur!
Die winde van Gods
wil die maak jou takke seer.
Gods bewend, bange kind moet
woeste storms trotseer.
Dit is genoeg,
o Heer!
My kind, Ek moet jou
stroop van al wat ydel
is. Ná hierdie winternag
breek daar vir jou ‘n dag
van vrugtedra en bou, van
diensbaarheid en trou.
4 Kommentare
-
-
Anze
dis baie mooi en diep woorde!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Janetta-Helena Boonzaaier
'N mooi gedig, en ja , dis waar, ons word gelouter!