Omgery
Omgery
In die pad
lê ‘n klein hopie bloedbespat
nasleep van vrotsige remme, vervaardheid
en ongeduld van spertyd se gejaagdheid—
Verkeersdom ou hondjie
‘n weerloos verdwaalde bondeltjie
kerm verdwaasd flou
ineengevou—
Vir oulaas in die truspieël kyk
hoe warrelwindjie oor hom stryk
met stof en sand bedek en haastig wyk
die pyn aanskou van stryk—
Gulsig wagtend
die stuiptrek afwagtend
gluur en met gekras
lag die kraai oor gebreekte vas—
Janetta – Helena [Babs] ©
3 Kommentare
-
Anze
dit is seer, ek het verlede week my boerboel verloor .. baie mooi geskryf tannie Babs
-
Elizabeth Greef
Wow! die hartseer oomblik so raak beskryf. 10/10 *****
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ai, as mens darem self 'n hondjie of twee het maak hierdie gedig mens baie hartseer. Goed geskryf :-)