Jongste aktiwiteit:

Die Kerkhof

Dit is rustig,
dit is stil,
ewig-presies
volgens God se wil,
lees in die begraafplaas
se lang kerkhofboom,
die inskripsie:
Hier rus alles
goed en mooi en vroom.

En tot ontvlesing
onder ou grafsteendatums
vreet, as ewige ultimatums
die wurms van die marmerhof,
siel na siel se stringe
DNA-stof.

Tot eendag,
as engelevlerke
die lug tot prismas omspit,
kom roep, uit miljoene kerke
Hy wat op die wolke sit
slegs ‘n klein, Gees-gebore-skaar
om as sy geliefdes
na hom toe op te vaar.

Dan,
lê die toegegooide res
(nog vasgeketting in ongeloof)
smartvol maar en wag
met ore kwarteldoof
vir die finale einde se boeke oopmaak
in ñ vergeefse tongafkoel
die vuurpoel, as laaste wraak.

©Elizabeth Greef




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed