Man met die kruis, daar op jou rug
O man,
met die kruis as verheerlikte kleed
daar by die poort van die Paradys
op jou rug,
glimlag jy, Henog en Elia
witgebit-breed
as julle skaap vir skaap
in die hemel welkom heet?
Het jy,
man met die kruis
toe jy in angs en pyn
daar langs onse Heer
so desperaat nog hang,
ooit geweet
hoe grynslag-gereed
was die hel
om jou vir Lucifer’s
vagevuur te vang?
Maar toe jy pleit:
“Here dink aan my,”
hoor jy nog die geknetter
van die sewe-kop-slang
hoe hy woedend wegvlug
voor die oorwinningsbloed
van die gesalfde Lam?
Man met die kruis,
steeds daar op jou rug,
herhaal jou siel nog sy offer oor en oor
toe Hy sê: So onverdiend
voorwaar, die hemele hoor,
sing jy nog vannag, my Vriend
saam met die ganse engelekoor
My, Onse-Vader-lied.
©Elizabeth Greef
3 Kommentare
-
neels
Sjoe laat mens hoendervleis kry soos Anze dit stel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hoendervleis mooi vas gepen!!