
Eggo’s uit die krans
In ‘n silwer rivierstroom
tussen eggo-kranse en klowe
het ‘n hart sag in mos gevou
wyl rooivinke ritmies in riete wieg
Daar waar spookasem wolke kolk-
staan sy kelkhand, palms na Bo
om genade en vrede af te smeek
kettings van gisters los te breek
Haar spieëlbeeld weerkaats
op kartels van die water
dis eers (wat soos eeue voel) later
dat sy volkome berusting vind
Wanneer gees sweef na waterval
waarsku eggo’s vanuit die krans
haar siel is vry soos sy sag-sink
as Sy skitterlig haar naderwink
10 Kommentare
-
-
neels
Evelyn tien goue sterre vir jou hier
-
Kiekies
Voorwaar pragtig!
-
Arnold
Goed geskryf.
-
Elizabeth Greef
Soos altyd, pragtige werk Evelyn. Die natuur, so 'n groot geneesheer!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hier het jy jouself oortref.. dis pragtig!