Jongste aktiwiteit:

Die edik in my woorde

JY, die eens held
van my kinderdrome
en die redder van my vrouwees vrees
het jou verwerping louwarm
teen my siel se binnenaat kom lê
dit was toe die ongestotterde woorde
in dade voelbaar was
wat die stilswye skerp
soos dolke deur my
kon priem

deur ontkenning van my bestaan
is my drome in flardes gebreek
en het my trane (tesame met
jou ongestorte liefhê-woorde)
in die kleur van granaat
deur my hart se vloer geval
wyl dit erosie slote skeur
deur eens geborge wand

dis dan wat ongebore sinne
vergete bloedsirkels trek
op my brose menswees
sodat my seer soos rooi
proteas kelk
en die edik in my mond
kopsku hang soos die sonneblom
(as die saad moet swel)
in aandskemer se
verlepte geel

© Anzé Bezuidenhout

 

*Digter staan buite inhoud van gedig (slegs teenstellings uitgelig)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed