Adelaarheerser
Adelaarheerser
Ek het deur die eierdop gepik en my
ogies teen die skielike skerp sonlig geknip —
My vlerkies het al sterker geword en ek
het afgekyk in die diep afgronde en het
soms gevaarlik tot naby die rand gekom
wyl ek so verlangend na die vertes tuur—
Op ‘n dag was ek uit die nes geskop want
ek was groot en moes vir myself begin sorg—
Dit was my eerste kort solovlug net soos
die mensekind se eerste wankelende treetjies—
Tuimelend onseker het ek uit die nes geval
en onder moederarend se skerp waaksame oë
en sterk beskermende vlerke het ek met my
eerste vlerktreetjies onseker voortgevlieg,
maar my vlerke het sterker en sterker geword
en ek het al verder en verder na wegdeinende
einders gevlieg wyl ek waaghalsig hoër en hoër
my sterk vlerke en breë vlerkspan beproef—
Die blou hemelkoepel is my domein want
ek het sy hoogtes, dieptes, en verre einders
verken en oorwin en as myne geproklameer
en nou is ek vir jare al die trotse alleenheerser
oor die hoogste ruwe kranse en my nes is my
onbereikbare troon onder ‘n hemelblou baldakyn—-
Janetta – Helena [Babs] ©
5 Kommentare
-
-
Kiekies
Dis voorwaar uitstekend gedoen! Mag ek vra: Wat beteken baldakyn, ek kry dit nie in my woordeboek nie.
-
Viooltjie
'n aangename leeservaring. Baie goed gedoen :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
nog n pragtige woordskildery uit jou pen tannie Babs.. dis pragtig!