Digters Ink
Eens sterk vloeiend’ bloed
van digters-ink verdamp
dwaal tussen sterre, strepe-
waai lettergreeploos
tussen buite-ruim gloed
Skêre van gister se onthou
knip geheuebank kragtig kort
woorde warrel woes en wild
in ’n saamkoek oeroud web
tydelik nou saam toegevou
Geluide bly hol afwesig
stene van diepdenk-mure
wieg brokkelend-broos –
as dit fyn-fyn verkrummel
neerplof tussen misstof
klankloos val op papier
8 Kommentare
-
-
Boetiegoed
Neels, ek stem 100% saam met jou, die beeldspraak hierin is ongelooflik mooi en diep. Mooi gepen Evelyn!
-
Amaspoke
Baie mooi gepen, ek stem saam met Neels, baie goeie beeldspraak.
-
Anze
sjoe hierdie is diepseer maar so mooi vasgepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
ek is nog altyd van mening dat Evelyn n besonderse talent het wat weer sterk deur hierdie werk onderstreep word