Jongste aktiwiteit:

Kelkhand genade

Tussen goudstof van die oggendson
kniel sy kelkhand gekrom
smekend om Sy groot genade
eerbiedig met stil ontsag
sonder voorgee of bravade

Deur karwats en kronkelpaaie
slaan en systap die lewe
vurke in pad en om draaie
moet ons slegs besluite neem
dis die lewe se gegewe

Maar as die aandster sag kom sê
dit is wat die Skepper wil hê
besef ons dit is so beskore
al piets die lewe met al sy krag
vir Hom is jy nog nie verlore




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed