Jongste aktiwiteit:

Plan B

Plan B

Ek skrik wakker, dis so koud, ek bewe en my klere voel klam aan my lyf. Het ek vergeet om die lig aan te sit, wonder ek. ‘n Muwwe reuk dreig my neus binne, ek voel snaaks, my lyf is seer, my kop is so seer.

Ek probeer regop sit, dis stik donker om my. Ek is verbaas, waar is ek dan? Iets voel nie pluis nie, ek hoor iemand kreun. Ek probeer draai na die geluid toe, maar ek is vasgepen aan iets. “Hallo?”, roep ek uit. “Shhh”, antwoord iemand saggies. Wat gaan aan? Waar is ek? Dit ruik en voel vreemd, so bedompig en klam, nou voel ek angstig, my hart klop in my keel.

“Wats jou naam?” fluister ek. “Nadia”, antwoord sy. “Weet jy waar ons is?” vra ek haar. Sy begin saggies te huil. Sy se toe sy in die taxi klim, het ek op die agtersitplek geslaap. Daar was reeds nog ‘n meisie wat net uit by die venster gestraar het. Sy wou weer uitklim maar die bestuurder het net vinniger begin ry in die rigting van Kaapstad. Hoe is dit moontlik wil ek by haar weet, dis dan ‘n Goodwood taxi en ek ry elke dag met dieselfde ou. Sy ook, se sy, dis hoekom sy ingeklim het. Toe hy Kaap se kant toe ry, vra sy hom waarheen hy dan nou ry. “Gou ‘n pakkier aflaai, moenie worry nie”. Nou begin ek deur die newels onthou, dis snikwarm buite en hy het my koeldrank aangebied. “Het hy jou koeldrank gegee?” vra ek. “ Hoe het jy geweet?” antwoord sy. Wel, se sy ek, na die koeldrank onthou ek niks en jy?
Sy’t ook aan die slaap geraak se sy. Nou waar is die ander meisie dan? Wonder ek hardop.

“Ek weet nie, ek dink hulle het haar kom haal”, fluister sy. Skielik hoor ek iemand se: “ Die shipment is reg vir delivery”, ek ken daai stem! Dis die taxi driver! “Bruimpie, roep ek”. “Hou jou mond!”, skreeu hy terug. Wat! Ek het hom vertrou, ek het dan elke dag met hom gery, en nou? Shipment beteken mos nou ons twee. Ek het gister die nuus geluister en gehoor van meisies wat ontvoer word en na bordele geneem word. Ek is yskoud van vrees. “Vanaand is julle hoofgereg vir die manne, hulle sal bly wees, julle is nog lekker jonk en pragtig” lag hy spottend. Ons is doodstil van bangheid. Waar is my toekoms drome, ek is maar net twee jaar op college, studier as mediese sekretaresse. Ek het geen benul waar hy vir Nadia opgetel her nie. Skielik gaan ‘n lig aan, verblind deur die helderheid, draai ek my kop na Nadia toe. Sy is beeldskoon, pragtig fyn met rooibruin krulle. Sy staan na my, spierwit van vrees. Ek wil haar gerus stel, maar kan haar net aankyk, verlam met die wete van wat vir ons voorle vanaand.

Bruimpie ken my glad nie, net van aansien, as hy dink ek is so vaak soos hy dink, sit hy die pot lekker mis. Ek kyk veragtend nah om en vra hom hoe lank hy dit al doen en hy wegkom daarmee. Hy antwoord kru da thy dit al drie maande doen end at niemand hom verdink nie. En die meisies? Word hulle nie gesoek nie? Vra ek. “Nee stupid”, se hy. “Ek laat hulle eers huistoe bel om hulle mense gerus te stel” met die wys hy ons sy cellphone met die pistol in sy ander hand. “ Wie gaan eerste vir haar mammie bel?” “Ek sal!” slinger ek nah om toe. “ Kom nou mooiding, en se vir jou ma jy is by a vriendin se huis en dat julle saam studier, se hy. Ai Bruimpie, jy’t vergeet om my horlosie aft e haal, dis eintlik ‘n tracker. Sodra ek oor my tyd gaan, het ek en my ma bespreek, sal sy op haar foon kyk wat my location is. Ek raak nou baie kalm en stuur ‘n skietgebed op.

Bruimpie kom nou agter dat iets nie pluis is nie. “Wat beplan julle twee meide hier, moenie try om iets te doen nie, ek maak julle vrek!” “Nee Bruimpie”, antwoord ek liefies, hy se “aan die shipment word nie geraak nie”.

“Kom nou ma”, stuur ek gedagtes huistoe. Bruimpie kyk senuweeagtig op sy horlosie. “Dis amper tyd” mompel hy. Ver weg hoor ek sirene van ‘n polisie kar, al nader en nader tot ons die gefluit bande buite hoor. Ou Bruimpie probeer wegkom, maar met ‘n slag hoor ons die deur afgetrap word. “Dankie HERE! Dankie MAMMIE vir Plan B!”

Ons was toe heeltyd in ‘n pakhuis in Soutrivier, daarna sou ons vervoer word na ‘n bordeel in die harkie van Woodstock. Bruimpie word geboei en weggelei, danksy my horlosie se tracker kon my ma die polisie bel en meedeel van ons Plan B as ek nie betyds by die huis opdaag nie.

Ek huil van verligting en klou aan my ma vas. Die polisie het die sindikaat ontbloot en Nadia is veilig huistoe. Almal moet ‘n Plan B het, dit kan jou lewe red!

Intussen spaar ek vir ‘n kar met my sakgeldjies, en Bruimpie en sy mense is met lang verlof in die tronk!

Geskryf deur:
Diana Coert




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed