Nuwejaars Reën
Nuwejaar se reën
As die reën val op my nuwejaar
Ontkiem die bitteralwyn
Spoel slote deur my dorsland
Chernobiel se druppels brand my grense af
As die reën val op my nuwejaar
Sal ek appelbome plant in die rou geploegde vore
Sal ek druppels vang en kristalle groei in my grotte
Sal die reën hul gisterjaar se bekende spore vat
As die reën val op my nuwejaar
Sal ek harder bid as die strome se gesanik
Sal ek die water weglei na gunterland
Sal ek deur jou modder loop en feast op my reënboog
As my trane val ook op nuwejaar
Sal ek ‘n papierbootjie vou met jou naam op
Sal jy wegvaar op my oseaan
Sal my nuwejaar in geilgroen sonder jou verder soek na die son
net kulu
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
So so mooi