Angara
Ek sal kan woon in jou stad met die ou klip voetpad
Ek sal saammet jou kan vlieg in lugbalonne wat jy vir my stuur
Langs jou pienk veldblomme kan droom oor môre
Jys rêrig maar jy woon êrens in ‘n stad van drome
Onsigbare entiteite wat realiteit raam
Angara wat my betower
Wat my na jou tent toe nooi
Al hou ek aan droom 10 000 ure sal ek nooit daar kom
Sal jy jou skip wil navigeer na die sterre in my oë
Wil vasmeer waar ek verf met die kleure van die paradys
Voetspore wil laat op my onbewoonde strande
In jou sneeu maanskyn droom ek ‘n kaggelvuur
Ek sal graag kan verdwaal in jou stad vol storieboek stegies
Ek sal wag tot die klok slaan en jou na 12 by die appelboom ontmoet
Ek sal my stad optooi in pienk blommevelde
Vir jou Angara, my sneeudroom
net kulu
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Pragtig, wat 'n besondere beskrywende gedig.